Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Rus in vrede, Margaret Bakkes (1931 – 2016)

Margaret Bakkes

Fado vir \'n vreemdelingMy ouma in kaneelSpoorvatDie geliefde skrywer Margaret Bakkes is Woensdag, 29 Junie op die ouderdom van 84 oorlede.

Tydens Bakkes se skrywersloopbaan, wat in 1954 begin het, het daar menigde kortverhale, versamelbundels en romans uit haar pen verskyn. Haar jongste roman, Fado vir ‘n vreemdeling, het in 2011 ter viering van haar tagtigste verjaarsdag by LAPA verskyn.

NB-uitgewers en die ATKV het hulde gebring aan die skrywer wat vir ses dekades lank Afrikaanse letterkunde laat seëvier het.

Lees NB-uitgewers se huldeblyk aan Bakkes:

Die skrywer Jeanette Ferreira reageer soos volg: “Dat sy so stil uitgegaan het, die onblusbare Margaret Bakkes. Haar historiese romans, haar besinning oor ouderdom wanneer die amandelboom wit in die bloei staan; dit het sy vir ons nagelaat. Ek dink veral oor haar nostalgiese verhale oor die haar grootwordplek in die Stormberge se bittere koue, en dat sy nou juis in die koue moet groet. Maar haar warm lag en haar kleurvolle lewe sal by ons bly. Goeie reis aan ‘n skrywer, vriendin en buitengewone mens.”

Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers, onthou: “Margaret Bakkes was vandat ek my verstand gekry het deel van my lewe. Sy en my ma het saam grootgeword in Sterkstroom in die Oos-Kaap. Sy was ’n sterk vrou wat ’n familietradisie van wonderlike skrywers begin het. Ek sal haar op ’n persoonlike en professionele vlak baie mis. Daar is ’n hele generasie van groot skrywers wat ons nou verlaat.”

LitNet het die ATKV se persverklaring gedeel:

Sy sal lank onthou word vir haar romans wat lekker gelees het, maar wat ook sonder skroom die tydsgees aangespreek het.

Dit is dalk gepas om Bakkes se eie woorde aan te wend om haar skryfstyl te beskryf. In die Transvaler van 23 Junie 1977 sê sy: “Ontspanningsleesstof is nie stof en dons nie. Die skrywer moet sy leser met lewensprobleme konfronteer. Maar hy moet dit ook weer oplos. Dit is die verskil tussen ’n kunsverhaal en ontspanningslektuur. Sonder om ligsinnig te wees, moet daar pitkos in wees.” (Transvaler, 23 Junie 1977)

Lesers het op Twitter afskeid geneem van hul geliefde skrywer:


 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment