Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Hier kom ’n ding: Nathan Trantraal se tweede digbundel verskyn op rakke

Alles het niet kom wod

Die bekroonde en opspraakwekkende digter, Nathan Trantraal, se tweede digbundel Alles het niet kom wôd is op 15 Februarie gepubliseer.

Aanhangers van dié gerekende digter kan enerse temas wat in sy debuutbundel, Chokers en Survivors verskyn het, verwag. Klas, ras, familielewe en politiek word met eerlikheid, rouheid, erns, en humor in Trantaal se digkuns vasgevang, maar met Alles het niet kom wôd sluit Trantraal die tema van seksualiteit in, en dig ook oor die stedelike en religieuse milieu van sy grootwordjare.

Danie Marais sal tydens Stellenbosch se Woordfees op 11 Maart om 17:30 in die ATKV-boektent met Trantraal in gesprek tree oor sy digbundels.

Book details

 

Please register or log in to comment