Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

HemelBesem se outobiografie is hier. Awê.

>

Kletsrymer. Akteur. Edutainer. Digter. Skrywer. Ladies en jintelmanne: hierdie is HemelBesem.

In God praat Afrikaans skryf dié veelsydige rapper prontuit oor sy komvandaan, issues wat na aan sy hart lê, en die belangrikste van als: wat Afrikaans-wees vir hom beteken en hoe dit hom gevorm het.

“Ek’s bekend, but dis ’n klug. Om my te ken is fundamenteel. / HemelBesem is die naam. Aangename kennis!” lui ’n uittreksel van sy outobiografie.

In God praat Afrikaans word jy werklik voorgestel aan Simon Witbooi: die man wat ons as HemelBesem ken, soos hy deur middel van ’n mengelmoes van prosa en lirieke in sy verlede delf en kommentaar lewer oor sy moedertaal.

’n Moet-lees vir jonk en oud wat in Afrikaans belangstel.

Tjekit yt!

God praat Afrikaans

Book details

 

Please register or log in to comment