Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Soettand: Tannie Koelsoem en Tannie Flori is terug!

Die gedugte bakspan Tannie Koelsoem en Tannie Flori se Soettand verskyn binnekort op die rakke!

Resepte vir poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, verskyn in Koelsoem Kamali en Flori Schrikker se tweede boek.

Lesers met ‘n soettand kan uitsien na lekkernye soos Ouma Rose se doekpoeding, Maleise koeksisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoensysies, en die immgergewilde tweegevrietjies. Aitsa!

Kamali en Schrikker bekoor Suid-Afrikaners vir jare lank al met hulle onopgesmukte kos uit hulle kombuise in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte.

Hulle eerste boek, Kook saam Kaaps, het met goeie rede meer as 10 000 eksemplare in 12 maande verkoop!

Book details

 

Please register or log in to comment