Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Antjie Krog bekroon met Hertzogprys


 
 
 
 
 
 
 
 
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs die bekronings vir hul jaarlikse toekennings aan diegene wat ‘n besonderse bydra tot die wetenskap, tegnologie en kunste in Afrikaans gelewer het aangekondig.

Dié raad is ‘n organisasie wat hom beywer vir die bevordering van wetenskap, tegnologie en die kunste, as ook om die belange van Afrikaans te dien.

Die Hertzogprys

Die stigting van die Raad van Suid-Afrikaanse Akademie word aan generaal J.B.M. Hertzog toegeskryf; ‘n voorstander vir Afrikaans-Nederlands. Die gesogte Hertzogprys vir letterkunde is na die generaal vernoem en staan vandag nog bekend as die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkunde.

Die Hertzogprys is vanjaar toegeken aan die gerekende skrywer en digter Antjie Krog vir haar bundel Mede-wete.

Eugène Maraisprys

Die Eugène Maraisprys word toegeken vir ‘n eerste of vroeë letterkundige werk. Die skrywer wat vir sy of haar werk vereer word, kan slegs een maal dié toekenning ontvang.

Eugène Maraisprys 2015: Lien Botha is die 2015 Eugène Maraisprys toegeken vir haar roman Wonderboom. Slegs boeke wat in 2015 verskyn het, is in aanmerking geneem vir hierdie besonderse toekenning.

Eugène Maraisprys 2016: Amy Jephta is toegeken vir haar drama, Kristalvlakte wat in 2016 verskyn het en Bibi Slippers is ook vereer vir haar 2016 debuut-digbundel, Fotostaatmasjien.

Die bekroondes sal hul pryse onderskeidelik in Stellenbosch (Woensdag 21 Junie) en Pretoria (Vrydag 29 September) ontvang.

Mede-wete

Book details

 

Wonderboom

 
 

Kristalvlakte

 
 
 

Fotostaatmasjien

 

Please register or log in to comment