Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

“Ek het genoeg van veroudering en ouderdom meegemaak om seker te wees dat ek self nie oud wil word nie” – geliefde skrywer Karel Schoeman neem sy eie lewe

Die geliefde en bekroonde skrywer, Karel Schoeman, het op ouderdom 77 sy eie lewe geneem.

Schoeman het luidens ‘n brief, wat op 27 April 2017 onderteken is, reeds jare gelede besluit om sy lewe “betyds te beëindig”.

Dié brief is aan Schoeman se prokureur Carl van Rensburg gerig; Van Rensburg is deur Schoeman toestemming gegun om die brief aan die openbaar uit te reik.

“Die besluit om jou eie lewe te beëindig, bly natuurlik ’n hoogs persoonlike saak wat ek nie blindelings wil aanbeveel nie; dog sover dit myself betref, is ek dankbaar dat die besluit geneem en ook uitgevoer word,” het Schoeman geskryf.

Schoeman is die skrywer van onder meer By Fakkellig, Na die Geliefde Land, Op ‘n Eiland, en Hierdie Lewe.
 

Lees Schoeman se brief hier:
 
 
 

 

By Fakkellig

Boekbesonderhede

 
 
 
Na Die Geliefde Land

 
 
 
 

Op 'n Eiland

 
 
 
 
Hierdie Lewe

 

Please register or log in to comment