Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Gorgeously illustrated fable creates awareness about the endangered riverine rabbit; available in both English and Afrikaans

Louisa Punt-Fouché

In Rarest Riverine Rabbit the author weaves words and images to create awareness about the tame but endangered riverine rabbit that lives on her farm in the Karoo. When Lila (an old lady that uses her walking stick to count all the animals on earth) wanders through the Karoo and meets the magnificent Bruno with his very, very long ears, his life changes forever. Rarest Riverine Rabbit is a fable that hopes to make children and adults aware of the disastrous impact we have on a precious environment. The author’s magical illustrations will also introduce young readers to the rich plant and animal life of the Karoo.

Originals or prints of the illustrations can be ordered from the author. Also visit www.kredouwfarm.com and www.sashadonoharm.com to read about Louisa and her husband’s projects and their attempts to save the riverine rabbit.

Louisa Punt-Fouché has more than 30 years’ experience as a clinical psychologist, researcher, and lecturer in die field of Jungian psychology. (She holds a D.Phil Degree in Psychology). Louisa is also an established visual artist, author, yoga instructor, canteadora (keeper of stories) and activist for animal rights. Three years ago she and her husband moved to the Prince Albert Valley where they live and work on the Kredouw Olive Farm. She also makes jewellery and environmentally friendly vegan olive oil products (Sasha Do No Harm) that are not tested on animals. Some of her previous books include Webs of Enchantment and Daar is kewers in my ruggraat.

In Skaarser-as-skaarste oewerkonyn gebruik die skrywer woordbeelde om die storie te vertel van die mak, maar bedreigde oewerkonyn wat op haar plaas in die Karoo woon.

Wanneer Lila (’n ou vrou wat haar kierie gebruik om al die diere op aarde te tel) deur die Karoo stap en Bruno die oewerkonyn ontmoet, word dié besonderse dier met sy lang, lang ore se wêreld op sy kop gekeer. Skaarser-as-skaarste oewerkonyn is nie ’n gewone kinderboek nie, maar ’n fabel wat ouers én kinders bewus maak van die mens se vernietigende impak op die omgewing. Boonop stel die skrywer se magiese illustrasies jong lesers bekend aan die Karoo se ryk plante- en dierelewe.

Kunswerke of afdrukke van illustrasies kan bestel word by skrywer. Besoek ook www.kredouwfarm.com en www.sashadonoharm.com om meer te lees oor Louisa en haar man se projekte en hul pogings om die oewerkonyn te red.

Louisa Punt-Fouché het meer as 30 jaar se ervaring as kliniese sielkundige, navorser en lektor in die veld van Jungiaanse sielkunde. (Sy het onder meer ’n D.Phil-graad in sielkunde verwerf.) Sy is ook ’n gevestigde visuele kunstenaar, skrywer, joga-instrukteur, canteadora (storieverteller) en kampvegter vir diereregte. Sy en haar man het die stad verlaat en woon en werk die afgelope drie jaar op die Kredouw-olyfplaas in die Prins Albert-vallei. Hier maak sy ook juwele en omgewingsvriendelike olyfolieprodukte (Sasha Do No Harm) wat nie op diere getoets word nie. ‘n Gedeelte van die wins word gebruik om die oewerkonyn te bewaar. Van haar vorige boeke sluit in Webs of Enchantment en Daar is kewers in my ruggraat.

Skaarser-as-skaarste oewerkonyn

Book details

 
 

Rarest Riverine Rabbit

 

Please register or log in to comment