Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Die Woordenaars dig & drink weer saam volgende Sa’erdag

Met ’n slagspreuk wat “robbish het ook ’n stem” heet, lede wat uit Johan Jack Smith, Kabous Verwoed, Niel van Deventer, Gérard Rudolf en Paul Riekert bestaan, en ’n wedersydse voorliefde vir Bacchus en poësie ’n gegewe is, is die Woordenaars ’n span om mee gereken te word.

Saterdag 26 Augustus gaan dié gedugte woordsmouse om agt namiddag by Shadowboxer byeenkom vir hulle volgende sessie van digkuns voordra en diep (genoeg) in die bottel tuur.

Luidens die Vleisbroek-event kan jy vlamme en f-bomme, liefde en verlange, en vrees en hoop verwag – en dit alles onder een dak.

Ja-nee, kyk. Stiek uit, want die poppe gaan dans.

 

Please register or log in to comment