Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Woordfees-gesprek: belangrike nuwe boek oor die invloed van Griekse en Romeinse idees in Suid-Afrika

South Africa, Greece, RomeVyf akademici van die Departement Antieke Studie by US gaan by die Woordfees op 7 Maart om 15h30 in die Thom-teater Seminaarkamer ʼn gesprek oor dié boek (uit die Cambridge University Press-stal) voer.

Dit gaan nie net oor die SA Grondwet, empire of argitektuur nie: haas elke denkbare aspek van ons hedendaagse lewe en kennisstrukture kan na die antieke wêreld teruggevoer het. Die subtitel van die boek, South Africa, Greece, Rome is juis Classical Confrontations: die botsende en kontensieuse word hierin toegelig, maar daar sal ook vertel word oor hoe ʼn gemene kennis van die antieke tot versoening kan lei (en gelei het).

Die redakteur van die boek se inleiding beskryf hoe Codesa-samesprekeings tussen die NP en die ANC in 1990 by een geleenheid baie gespanne geraak het, tot Dr Gerrit Viljoen en Chris Hani tydens ʼn teepouse oor hul gemeenskaplike kennis van en liefde vir die antieke Griekse tragedie begin gesels het. Dit het tot ʼn meer gemoedelike benadering by hierdie uiteenlopende deelnemers aan die gesprek gelei. By ʼn ander geleentheid is die opvoering van ʼn Griekse tragedie gekombineer met die opvoer van grepe uit vertellings voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Die dramatiese raamwerk het die besondere lyding van mense tot die universele begrip van leed verhef.

Die vyf lede van die Departement Antieke van US gaan ʼn tweetalige gesprek hou, al is die publikasie in Engels ter wille van die internasionale teikensmark.

ʼn Komplimentêre eksemplaar van die boek sal by die gespreksgeleentheid aan die Rektor van US, Prof Wim de Villiers, oorhandig word. Sy suster Fran was dosent in Latyn en het tragies jonk gesterf. Die Dekaan van Lettere, Prof Tony Leysens sal ook ʼn eksemplaar ontvang.

ʼn Spesiale slapband-Afrika-uitgawe sal by die Lapa Boeketent te koop aangebied word, teen ongeveer ʼn vyfde van die prys van die hardeband uitgawe.

ʼn Voorsmakie…

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment