Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2019 gehaal

Via die US Woordfees

Die skrywers van die verhale wat in die US Woordfeesbundel vir 2019 opgeneem gaan word, is tydens die fees se programbekendstelling op Vrydagaand 16 November bekend gemaak.

Vyf-en-twintig verhale is uit 323 inskrywings gekies. Dit sal gepubliseer word in ’n bundel getiteld Jonk, wat by die US Woordfees van 1-10 Maart 2019 te koop sal wees. Die kortverhaalbundel se titel is dieselfde as die feestema.

Suzette Kotzé-Myburgh, die sameroeper van die beoordelaarspaneel, sê die groei van hierdie projek is rede tot vreugde:

“Sedert die eerste Woordfeesbundel in 2016 gepubliseer is, gaan hierdie projek van krag tot krag!

“Die aantal inskrywings het gegroei van die oorspronklike 99 tot ’n verstommende 323 vanjaar. Hierdie belangstelling is deels te danke aan die gulhartige borgskap van Du Toitskloof Wyne, wat prysgeld van R5 000 aan elke skrywer besorg. Daarbenewens sal die algehele wenner, wat in Maart 2019 aangekondig word, ’n volle R30 000 ontvang.

“’n Verdere prys word geborg deur kykNET, wat een van die verhale in ’n kortfilm sal omskep wat in Augustus 2019 by die Silwerskermfees te sien sal wees.

Soos die vorige jare bied 2018 se inskrywings ’n mengsel van gevestigde en nuwe skrywers, hoewel die reeds gepubliseerde skrywers vanjaar as wenners oorheers. Die verhale dek ’n wye verskeidenheid temas, met die grondkwessie wat uitstaan as onderwerp.”

Saartjie Botha, US Woordfeesdirekteur, sê:

“Dit is fantasties om te sien hoeveel onbekende én gevestigde skrywers deur hierdie projek aangemoedig word om nuwe werk te skep.”

Ed Beukes, woordvoerder van Du Toitskloof Wyne, is opgewonde oor dié betekenisvolle projek en die groeiende storievuur:

“Die jaarlikse groei van inskrywings wys ons het elkeen ’n storie om te vertel. Die Woordfeesbundel is soos ’n groot kampvuur wat elke jaar die platform skep vir nog ’n paar skrywers om uit die donker uit hul eie waardevolle stukkie hout op die vuur te kom gooi en dit maak nie saak wie jy is nie – jou storie tel.”

Die lys van skrywers wat in die 2019 Woordfees Kortverhaalbundel opgeneem word, in alfabetiese volgorde, is:

1. Anne Ahllers
2. Emma Bekker
3. François Bloemhof
4. Anri Botha
5. Magda Brink
6. MS Burger
7. Wilken Calitz
8. Juliana Coetzer
9. Frans Fourie
10. Merle Grace
11. Enrique Grobbelaar
12. Hendie Grobbelaar
13. Kobus Grobler
14. Stefanie Hefer
15. Marlize Hobbs
16. Nico Nel
17. Clari Niemand
18. Nadine Petrick
19. Jan Schaafsma
20. Deborah Steinmair
21. Gerda Taljaard
22. Derick van der Walt
23. Marinda van Zyl
24. Madeleen Welman
25. Jelleke Wierenga

 

Please register or log in to comment