Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Lapa’ Category

Redakteur van Taalgenoot deel sy 10 gunsteling-boeke

Johan Jack Smith, die redakteur van Taalgenoot, het onlangs geskryf dat hy deesdae baie meer waardering het vir boeke wat hy destyds op skool gelees het, en hoe sy voorliefde vir lees deur R.R. Ryger se Beertjie en sy Boytjies geprikkel is.

Vandag kyk ek anders na Kringe in ’n Bos, Fiela se Kind en Die jaar toe my ma begin sing het. Ek het meer waardering. Maar as tiener was ek keelvol vir tragiese verhale, diere wat uitsterf en die hartseer en foltering van die Afrikaner. Dit het my nie oortuig om vakansietye televisie, video’s en videospeletjies vir ’n boek op te gee nie.

Smith is tot vandag toe nog ‘n groot liefhebber van Afrikaanse letterkunde, maar hy voeg by dat hy ook maar probeer om meer Engels te lees.

Klik hier vir Smith se lys van top 10 gunsteling boeke, hoekom dit ietwat moeilik is om vir ‘n peuter aan boeke te voorstel, en hoe ‘n naweek wat hy in die hospitaal moes deurbring hom aan’t die lees gekry het…
 

Beertjie en sy Boytjies

 
 
 

Fiela se KindBook details

 
 
 
Kringe in 'n Bos

 
 
 

Die jaar toe my ma begin sing het


» read article

Fanus Rautenbach, radiolegende en skepper van Staal Burger, sterf

Tien uit tienFanus onthou en Sebastian lag in die mouStaal BurgerWonderdade van Staal Burger en ander storiesTiesj

Fanus Rautenbach, radiolegende, skepper van die geliefde Staal Burger-karakter en skrywer van ‘n hele aantal Afrikaanse boeke, is verlede Saterdag op die ouderdom van 82 in die Claremont-hospitaal oorlede.

Reeds in die 1950′s is Rautenbach se vertellings in die Huisgenoot gepubliseer. ‘n Keur uit hierdie verhale is onlangs in die bundel Tien uit tien uitgegee. Staal Burger, wat as ‘n radiodrama begin het, se verhale is tussen 1963 en 1970 ook in bundels uitgegee. Dit is onlangs weer deur Protea Boekhuis heruitgegee.

Daarbenewens het Rautenbach ook biografiese werke gepubliseer, byvoorbeeld Tiesj en Fanus onthou en Sebastian lag in die mou.

Danie Botha, samesteller van Tien uit tien gesels met Die Burger oor Rautenbach:

Die radiolegende en president van Flinkveria, Fanus Rautenbach, was benewens fenomenale grapjas agter die ateljee-mikrofoon iemand wie se kleim tot in die boekewêreld gestrek het.

Danie Botha, die samesteller van Rautenbach se laaste bundel verhale, Tien uit tien: stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach bevat ’n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950’s in Die Huisgenoot gepubliseer is.

Botha vertel Rautenbach se veelsydige skryfwerk kan bykans in fases indeel.

Verskeie bekendes onthou Rautenbach as ‘n uitstekende omroeper:

Benewens sy vermoë om mense te laat lag, was Fanus Rautenbach ook ’n woordkunstenaar, ’n mentor en ’n goeie luisteraar.

Só is dié bekende radio-omroeper gister beskryf nadat hy Saterdag in die ouderdom van 82 in die Claremont-hospitaal dood is.

Boekbesonderhede


» read article