Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

The @LAReviewofBooks asked authors at the LA Times Festival of Books about the books they reread: http://t.co/xQmXR6hcEo

Eksklusief: Carla van der Spuy se onderhoud met Isa Konrad oor Diva en Switzerland (Deel 2)

DivaDie gewilde Namibies-gebore skrywer Isa Konrad gesels met Carla van der Spuy oor haar huisie op die rivier, buurmanskap in Switzerland, haar gunsteling-skrywers en Suid-Afrika. Haar jongste spanningsroman, Diva, het pas verskyn. Lees ook Deel 1 van die onderhoud.

Jy voel klaarblyklik meer tuis in Switserland as in Suid-Afrika en Namibië. Sou jy sê dat jou ingesteldheid ook meer die van ’n Europeër is?

My ingesteldheid is dat ek oral tuis voel. Die groot rede hoekom ek dit verkies om in Switserland te bly, is omdat my huis kleiner, maar my wêreld groter is hier. Wanneer ek rusteloos raak of roetine aan my begin knaag, kan ek op ’n trein klim en iewers anders heen gaan, selfs al is dit net vir die dag. Ek kan ander gesigte sien, ander reuke ervaar, anders voel. As ek byvoorbeeld agtuur die oggend op die trein klim, kan ek middagete in Parys of Milaan wees. Of as ek snags nie kan slaap nie, kan ek alleen deur die dorp of langs die rivier gaan stap sonder om bang te wees.
Beweegruimte en persoonlike ruimte is vir my belangriker as leefruimte; om te kan kom en gaan soos ek wil. Vryheid. Ek veronderstel dis mý idee van geluk. My ingesteldheid het dus nie soseer met nasionaliteit te make nie, ek kan myself net beter uitleef hier. Dalk kan ek die dinge wat hierdie deel van die wêreld bied meer as baie Europeërs waardeer omdat ek ook elders gewoon het.

 photo Isasedorpieklein_zps38900a0d.jpgVertel iets van jou woonplek in Switserland.

Ons woon in Solothurn aan die Aare rivier. Dis ’n uur per trein van Zürich af. Solothurn is op die bank van die Aare rivier geleë. Die stad wat duisend jaar oud is, is vol fonteine met pragtige ou standbeelde. Die mense vertel graag dat toe God die aarde geskape het, het die Solothurners op die stadmuur gesit en kommentaar lewer.

Ons woon in ’n straat reg langs die rivier waar jy gedurig die reuk van water ervaar. Wanneer ek by die vensters uitkyk, of wanneer ek buite op my slaapkamerterras sit en werk, kyk ek af op die rivier, die bote, eende, swane, ou mans wat visvang en mense wat langs die rivier stap of wat net na die water staan en kyk. In die herfs en winter styg die mis van die rivier af op en rol oor die stad sodat jy skaars ’n meter voor jou kan sien. In die lente en somer swem die mense in die rivier. Die jongmense en kinders spring van die brûe af en dan klap almal hande en fluit.
Oorkant die rivier is daar ’n bistro op wiele met geel liggies, lanternes in die bome en ronde tafeltjies. Someraande speel hulle musiek: Billy Holiday, Sarah Vaughan, Ray Charles. Die musiek en die mense se gesels dryf dan oor die rivier by die oop terrasdeur in tot in my slaapkamer. Ek luister daarna tot ek aan die slaap raak. Maar terwyl ek nog wakker is, dink ek daaraan dat ek nie net langs die water nie, maar ook oorkant die water bly. Dan voel ek ver in die wêreld, maar na aan myself. Dis tog vryheid, nie waar nie?

Ons chalet in kanton Wallis dateer uit 1620. Dit is hoog in die Penniniese Alpe naby aan die grens van Italië geleë, op ’n dorpie genaamd Törbel. Mense dink ’n chalet is ’n rykmanshuis. Party is, maar nie die oues nie. Dit is net plaashuise. In die dae toe dit gebou is, het mense nog hul huise gedoop en ons huis heet “Haus Prosper Karlen”. Ek hou daarvan. ’n Huis moet ’n naam hê. Törbel het net 500 inwoners, die meeste van hulle boere. Die huisies daar is baie opmekaar gebou, want in die berge is mense meer aangewese op mekaar. Baie van die huise se onderste verdiepings is bok- en skaapstalle. Die boere en hul gesinne woon op die boonste verdieping, sommer so saam met die diere. My buurman ook, dit is vir my net wonderlik. Die beste was die eerste keer toe ek op my eie soontoe gegaan het. My buurman het kom kennis maak en wou dadelik vir my ’n skaap slag om my welkom te heet. Dit is hoe die mense daar is. In Namibië waar ek grootgeword het, is die mense ook so. Miskien is dit hoekom ek so tuis daar voel. In elk geval, ek het vir my buurman verduidelik dat ek eintlik ’n vegetariër is. Toe bied hy aan om vir my ’n hoender te slag. Ek het so lag gekry. Van toe af is ons vriende. Wanneer ek by my voordeur uitstap, is dit reguit veld toe. Die berge is soos die see, dit het getye. Die wolke eb en vloei daar, verander gedurig en mens ruik hierdie veranderinge ook aan die lug. Ek kan nooit genoeg daarvan kry nie, ek stap my dae om daar. Deesdae verdeel ek my tyd gelykop tussen die stad en die berge. Die balans voel vir my goed.

Jy beskryf jouself as ’n eenkantmens. Sou jy byvoeg, “introvert?” Kom jou ekstroverte kant dalk in jou skryfwerk na vore?

Ek het altyd gedink dat die woord ‘introvert’ ’n sinoniem vir ‘skaam’ is, maar nou weet ek dat dit niks daarmee te doen het nie. Dit gaan daaroor of mens krag daaruit put om alleen te wees, en of jy krag daaruit put om tussen mense wees.

Ek put beslis meer krag daaruit om op my eie te wees, maar nie omdat ek nie van mense hou nie. Ek geniet dit om na ander te luister, hulle dop te hou. Wanneer ek luister na die stories wat mense vir my vertel, voel ek asof ek deel is van iets. Hul lewens, my eie lewe, ek is nie seker nie. Maar dis hoekom ek skryf en dit ís dalk ’n vorm van ekstroversie. Of … ek kan ’n ekstrovert wees wanneer dit nie oor my gaan nie. Wanneer ek in geselskap oor myself moet praat, raak ek net moeg.

Is daar enigiets wat jy omtrent Afrika mis?

Nee. Toe ek in Suid-Afrika gebly het, het ek gesorg dat ek elke jaar teruggekom het Europa toe. Daarom het ek Europa nie gemis nie. En nou sorg ek daarvoor dat ek elke jaar teruggaan Suid-Afrika toe. Ek voel glad nie verskeur tussen die twee kontinente nie, want die wêreld is nie so vreeslik groot nie. Afstand is meer in mens se kop as iets anders.

Hoeveel tale praat julle tuis en wat is julle huistaal?

Ons praat Engels by die huis, maar al vyf in ons gesin kan vlot Duits en die Switserse dialek praat. Die drie kinders leer ook Frans, maar by hulle kom ek agter dat die Switserse dialek besig is om vinnig oor te neem. My Britsgebore man praat goed Afrikaans en vra soms dat ek met hom Afrikaans praat sodat hy kan oefen. Wanneer ons Afrikaans met mekaar praat, lag ons baie en dis ook ons skindertaal voor die kinders.

Glo jy onvoorwaardelik in die liefde?

Tussen mans en vroue? Nee. Ek glo in voorwaardelike liefde. Rose en maanskyn hou net tot op ’n punt. As jy jou in ’n verhouding begewe met die idee dat jy die ander persoon sal liefhê maak nie saak wat nie, kan jy net sowel die woord ‘deurmat’ op jou voorkop laat tatoeër. Omdat die menslike natuur is wat dit is. Ons stel basies in elke lewensaspek grense aan onsself om ons aangebore vernielsugtigheid in toom te hou. Dis vir my absoluut onverstaanbaar dat mense dink dit geld nie vir verhoudings nie. Liefde sonder grense is misère in wording.

Wie is jou gunstelingskrywers en hoe voel jy oor lees?

My gunstelingskrywers is die volgende:

T.C. Boyle: Talk talk, The Women, The Road to Wellville, Water Music, Drop City, The Tortilla Curtain
Margaret Atwood: The Blind Assassin, Oryx and Crake, The Robber Bride, The Handmaid’s Tale
Herta Müller: The Appointment
Marina Lewycka: A Short History of Tractors in Ukranian, Two Caravans, We Are All Made of Glue
Hakan Nesser: In Liebe, Agnes
André P. Brink: Anderkant die stilte

Die enigste woorde waarmee ek boeke en lees kan beskryf is ongelukkig nie my eie nie, maar C.S. Lewis s’n: ‘We read to know we are not alone’.

Ek kan nie sê dat ek elke boek wat ek lees, onthou nie. Soms lees ek ’n storie, geniet my gate uit en vergeet dit sodra ek daarmee klaar is. Dit maak nie saak nie. Soms vind ek antwoorde in boeke, soms vrae, maar meestal lees ek net met my hart. Die emosies vloei vrylik; ek verset my nie daarteen nie, probeer dit nie ontleed nie. Al wat ek weet, is dat ek in my gedagtes baie eensamer was voor ek boeke ontdek het as wat ek nou is. Boeke is kan enige tyd saam met jou na enige plek toe gaan.

Boekbesonderhede

Potgooi: Derick van der Walt en Chanette Paul gesels oor hul skryfwerk

HoopvolLabirintIn ’n propvol potgooi wat vroeër die jaar tydens RSG se “Skrywers en boeke”-program uitgesaai is, gesels Derick van der Walt oor sy jonsgte jeugroman, Hoopvol, wat met ‘n Silwer Sanlam Prys vir Jeuglektuur bekroon is.

Chanette Paul is ook in dié aflewering te hoor wanneer sy gesels oor haar skyfwerk.

[display_podcast]

Boekbesonderhede

Murray La Vita woon die bekendstelling van Mens of monster in Pollsmoor-gevangenis by

Mens of monsterMurray La Vita het die onlangse bekendstelling van Mens of monster deur Carla van der Spuy in die vroue-afdeling van die Pollsmoor-gevangenis bygewoon. Hier word hy vertel van die kinders wat in die tronk gebore word en gewoont raak aan ‘n lewe gevul met hekke en tralies. La Vita beskryf die gevangenes wat aan die bekendstelling deelneem en die waarde wat hulle aan hul skoene heg, “want daardeur kan hulle hulle onderskei van die massa wat dieselfde uniform as hulle dra”.

Van der Spuy se boek ondersoek die redes waarom iemand ‘n misdadiger word en wys daarop dat enigeen eintlik daartoe instaat is. By die bekendstelling het sy die ontslape kriminoloog dr. Irma Labuschagne aangehaal: “Jy kan nie met oortreders werk as jy nie ’n mens agter die misdadiger sien nie.”

In die binnehof voor die vroue-afdeling van die Pollsmoor-gevangenis groei rose. Elke bos is in sy eie diamantvormige beddinkie wat deur ’n sementblad omring word. Een bos dra rooi rose; ’n ander is dor en dood.

’n Skraal vrou is een van die besoekers wat buite die regterkantse traliehekke staan en wag. Sy het kort krulhare wat begin grys word. By haar is haar kleinseun. Hulle het vir sy ma (haar dogter) kom kuier. Die seuntjie is geklee in ’n swart sweetpak. Op sy kop is ’n mus met oortjies bo-op. Dit is van die fop-pels van ’n roofdier (’n luiperd?) gemaak.

Book details

Launch of Napoleon Bones by Jenny Hobbs at Novel Books

Invite to the launch of Napoleon Bones


Napoleon BonesUmuzi and Novel Books invite you to the launch of Napoleon Bones by Jenny Hobbs.

The event will be held on Monday 27 May at 10:30 AM for 11 AM at Novel Books. Please RSVP by Friday 24 May.

Don’t miss it!

Event Details

  • Date: Monday, 27 May 2013
  • Time: 10:30 AM for 11:00 AM
  • Venue: Novel Books,
    Shop F08a
    Hobart Grove Centre
    Corner of Hobart and Grosvenor Roads
    Bryanston | Map
  • RSVP: Helen, novelbooks@vodamail.co.za, 011 463 9320

Book Details

In memoriam: Francois Smith bring hulde aan oorlede misdaadskrywer Piet Steyn

 photo PietSteyn2_zpsc2deaf53.jpg

Gewilde misdaadskrywer Piet Steyn is onlangs oorlede en sy redakteur, Francois Smith, het ’n huldeblyk aan hom vir Rapport geskryf. Volgens Smith was Steyn en sy vrou Annie onuitputbare bronne van oorvertelstories en sal Steyn se misdaadromans nog generasies wat kom vasgenael hou.

Piet Steyn se eerste manuskrip het in 2007 by my beland, en ondanks ’n obskure Bybelse titel en ’n woordverwerkerstyl wat ’n mens seker as oud-Vrystaats kan bestempel, is ek aangegryp. Uit die staanspoor was die elemente daar wat sy Pine Pienaar-reeks so ’n sukses gemaak het: ’n Meesleurende storie en ’n baie fyn oor vir dialoog.

BottelnekSnoeiskêrTouTik

Steyn is in 1944 op Odendaalsrus in die Vrystaat gebore en het ook daar skoolgegaan. Na skool het hy by die Suid-Afrikaanse lugmag aangesluit en daarna sy BSc-graad met wiskunde en fisika as hoofvakke aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO verwerf. Hy het ook sy nagraadse onderwysdiploma daar afgelê. Na ’n kortstondige loopbaan in die mynbedryf het hy op Welkom skool gaan gee.

Steyn het meeste van sy lewe aan die opvoeding gewy en het eers in 2005 besluit om te skryf. Snoeiskêr het in in 2008 verskyn, Bottelnek in 2009, Tou in 2010 en sy laaste roman, Tik in 2012. Lees hier meer oor Steyn en sy loopbaan:

Piet Steyn is op 28 Augustus 1944 op Odendaalsrus in die Noordwes-Vrystaat gebore “voor die goud ontdek is en vóór die stad Welkom sy beslag gekry het”, soos hy sê. In hierdie windverwaaide sandwêreld het hy grootgeword.

Piet het sy vader op ’n vroeë ouderdom verloor en moes daarna vir homself sorg. Die kerk het hom deur sy skoolloopbaan gehelp.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Eastern Times

Jenny Hobbs Brings Napoleon Bones to Kalk Bay Books (Plus: Video)

Jenny Hobbs

 
Jenny Hobbs, co-director of the upcoming Franschhoek Literary Festival, launched her latest book at Kalk Bay Books on Friday night to a room filled with family, friends and fans. Napoleon Bones is the story of a Cape Town police dog who is at once a crime fighter, a gourmet, and a “dog juan”. Hobbs was in conversation with freelance editor Lynda Gilfillan, who described the work with high praise, despite being selective about both the books she likes and the dogs she likes.

Jenny Hobbs chats to Lynda GilfillanNapoleon BonesAccording to Gilfillan, Napoleon Bones is a kind of praise poem to Cape Town, taking the reader on an interesting tour through areas like Sea Point, the Bo-Kaap and even Hobbs’ hometown of Franschhoek. Unlike traditional crime fiction, we see the city’s lighter sides as well as its more sinister underbelly. In many ways, then, the book is a response to the usual bleakness of crime fiction, a genre which is gaining immense popularity in South Africa. Hobbs saw a need to “lighten” up the genre, not by mocking it so much as by poking a bit of fun.

Napoleon Bones is also a step aside from some of Hobbs’ previous works, like last year’s The Miracle of Crocodile Flats. Where Crocodile Flats was based in subtle satire, Napoleon Bones is “laugh-out-loud funny”, packed throughout with “shameless puns” and one-liners. According to Hobbs, the book sees a return to the markedly Seffrican humour of her popular 1972 magazine column, “Blossom”.

While Hobbs admitted that she had “such fun thinking like a dog”, Napoleon Bones is more than just entertainment. Gilfillan brought our attention to some of the serious messages that lurk below the humour and narrative — most notably, the horrors of pitbull fighting and Cape Town’s drug wars. For Hobbs, it was important that Napoleon Bones not be wholly unrealistic — she didn’t want to dwell on serious issues, but she couldn’t gloss over them either. After all, the best humour is grounded in reality.

Gilfillan read the audience a few short, humourous passages from the novel at points during the discussion, while Hobbs concluded the launch with her own, more serious, reading.

~ ~ ~

Jenny Hobbs reads from Napoleon Bones:

YouTube Preview Image
~ ~ ~

Facebook gallery

Book details