by DKP on 17 Apr 2012

“Toe ons Handspring gestig het, was die hoop dat goeie dinge uit die palm van die hand sou ontspring.”
Só sê Adrian Kohler, medestigter van die Handspring Puppet Company, in ‘n dokumentêr oor hul wêreldberoemde perdpoppe in die teaterstuk War Horse.
Goeie dinge het beslis uit Kohler en sy vennoot en lewensmaat, Basil Jones, se palms ontspring, want War Horse was nie hul enigste sukses nie. Daar was die renoster van die produksie Woyzeck on the Highveld, die hiëna van Faustus in Africa, en mees onlangs die ou mans van Or You Could Kiss Me.
‘n Retrospektiewe uitstalling van hul werk was vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees te sien. Die boek Handspring Puppet Company bied nog meer informasie oor hul werk. Danie Marais het hul “droomfabriek” in Muizenberg besoek om die verhaal van hierdie eiesoortige teatergeselskap te hoor:
Dit gaan oor verlange. Verlange het Geppetto genoop om Pinocchio te maak, en verlange het asem in die houtkabouter geblaas nog lank voordat hy mens geword het.
Poppe en marionette strewe inherent daarna om die lewe uit te beeld en te beliggaam, skryf die medestigter en -direkteur van die Handspring Puppet Company, Basil Jones, in sy essay “Puppetry and Authorship”.
Boekbesonderhede
- Handspring Puppet Company (softcover) saamgestel deur Jane Taylor
Boek se tuisblad
EAN: 9780981432830
eBook options – Download now!
Foto te danke aan Journal of Modern Craft
by Sophy on 10 Apr 2012
A stage adaptation of K Sello Duiker’s 2001 novel, The Quiet Violence of Dreams, opens tomorrow (11 April 2012) at the University of Johannesburg. The play is adapted by Ashraf Johaardien, who began working on the script shortly after Duiker’s death in 2005, and forms a kind of tribute to the late author.
This Johannesburg premiere follows performances at the 2008 National Arts Festival, Cape Town’s Artscape Theatre and in Washington DC. It shows at the university’s Con Cowan Theatre until 21 April.
Duiker’s literary genius, having only written two novels, heralded the arrival of a new crop of young black, bold and gifted writers.
He has won a number of posthumous awards in recognition of his literary prowess and also opened doors for especially young black writers’ whose scripts were accepted by publishing houses.
Duiker’s novels inspired a whole new generation of writers. Among these are Zukiswa Wanner, Niq Mhlongo, Siphiwo Mahala and Angela Makholwa.
Through Tshepo, explore a raw and violent world – where the dark side of the city meets the dark side of a psyche coming to know itself.
UJ Arts & Culture presents K Sello Duiker’s The Quiet Violence of Dreams at the Con Cowan Theatre, Bunting Road Campus, University of Johannesburg from 11 – 21 April 2012 at 19:30.
The play is adapted by Ashraf Johaardien, directed by Alby Michaels and designed by Wilhelm Disbergen.
Book details
by Izak on 05 Apr 2012

Malan Steyn skryf toneelstukke oor dít wat hy sukkel om te verwoord. “Ek skryf om iets uit te figure,” het hy in ‘n onderhoud vir By aan Deborah Steinmair gesê.
Verlede jaar het Steyn se drama Johnny is nie dood nie by Protea Boekhuis in druk verskyn. Hierdie teaterstuk is die naaswenner van die 2004 AngloGold Smeltkoersprys onder die titel Eet alles. “Dis ’n groot thrill om ’n teks vas te hou wat jy geskryf het, wat gedruk is. Dit voel so permanent. ’n Toneelstuk is nie jou eie nie,” sê Steyn.
Steinmair het hom ook uitgevra oor sy kinderjare, die skryf van sepies, klasgee in teksskryf en sy nuutste toneelstuk, Bos, wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer word:
Soms ontmoet ’n mens iemand wat jy nog altyd ken. Ek moes middagete saam met die bekroonde dramaturg Malan Steyn nuttig op die vooraand van sy jongste toneelstuk, Bos, by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Nice work if you can get it.
Dit ontaard in ’n lang kuier in die binneplein van Umami in Dorpstraat, Stellenbosch. Dis soos om verlief te raak, soos ’n blinde afspraak wat bo verwagting goed vlot. Ons vriende het hoeka gereken ons sal goed oor die weg kom. Dis meer gesprek as onderhoud. Ons ruil sienings uit en lag soms harder as die kabbelende watervalletjie teen die muur, in vreugdevolle herkenning.
Boekbesonderhede
by Stuart on 03 Apr 2012
Joanne Hichens recently wrote about her travels abroad on Michael Sears’ Murder is Everywhere website.
DIVINE JUSTICE is Joanne’s third novel, following OUT TO SCORE (2006), co-authored with Mike Nicol and published in the USA as CAPE GREED, and STAINED (2009), published in the UK and France. She edited the first anthology of South African crime-fiction short stories, BAD COMPANY (2008) (Kubu makes an appearance), and THE BED BOOK OF SHORT STORIES (2010), both of which include her own work. She lives in Cape Town, but has recently been far to the north-east from home. Here she shares her feelings about the difference and similarity of cities.
Featuring the inimitable sleuth Rae Valentine, the setting of my new novel DIVINE JUSTICE is Cape Town at the toe of the African Continent. Voted Top Destination for Tourists by tripadvisor, Rae describes the harbour city, with Table Mountain as spectacular backdrop, as “a mix of sophistication and in-your-face Africa, a cross between London and Lagos, New York and Nairobi”. Indeed it’s a mix of first and third-world, of varying creeds and cultures, where wealth and glamour sit in stark contrast to poverty and struggle. It’s the perfect environment to forment craziness.
Here, the dream mansion that any Hollywood star would drool over, sits a five minute drive from shantytowns where shacks are constructed of cardboard and plastic. Remember that great sci-fi flick, District Nine? Well, no movie set was created. The impoverished squalor was a pukka South African the township.
As for Hong Kong, a city I recently visited for research, I reckon it’s an equally appealing setting for sci-fi as high density living sees apartment buildings touch the heavens. Not even my photos can capture the sense of the unreal. Demands for living space on this small section of land has meant building up, up, up. Fat fingers of concrete stretch up and disappear into a misty sky.
Book details
by Carolyn on 03 Apr 2012

Verlede week het Books LIVE berig dat die toekenning van die 2012 Hertzogprys aan Adam Small uit verskeie oorde verwelkom is, maar dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ook gekritiseer is omdat hulle hul reglement geïgnoreer het ten einde die toekenning te maak.
Aan die een kant is die Akademie geloof omdat dit uiteindelik die prys, wat Small reeds jare lank verdien, aan hom toegeken het. Aan die ander kant het die Akademie sonder waarskuwing afgewyk van hul reglement wat bepaal dat die prys aan ‘n drama toegeken moet word wat in die afgelope drie jaar verskyn het. Die uitgewer Nicol Stassen meen byvoorbeeld dat dramas wat onlangs verskyn het, deur hierdie besluit benadeel is.








Dit blyk dat die gebeure ‘n debat in die Afrikaanse literêre kringe ontketen het. Michael le Cordeur het Stassen se besware op LitNet gekritiseer en Stassen het repliek gelewer. André Brink, Rachelle Greeff en Jason Lloyd het ook in die media hul menings oor die 2012 Hertzogprys gelug.
‘n Groep digters, skrywers, dramaturge en belanghebbendes, insluitende Willem Fransman Jr, Floris Brown en Elias P Nel, het ‘n persverklaring uitgestuur waarin hulle die Akademie vir Wetenskap en Kuns geluk gewens het met hul besluit om die prys aan Small toe te ken. Intussen het Small self in ‘n brief aan die Akademie gesê dat dit vir hom ‘n voorreg is om die prys te aanvaar.
Michael le Cordeur:
Die raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het op Vrydag 23 Maart besluit om die Hertzogprys vir 2012 aan die digter-dramaturg-skrywer, Adam Small, vir sy drama-oeuvre toe te ken. Erkenning is so verleen aan Small in wie se oeuvre sy drama Kanna hy kô hystoe kop en skouers uitstaan as ’n hoogtepunt in die Afrikaanse dramatiese kuns. Adam Small vier vanjaar sy 75ste verjaardag. Hy het in 2009, die SA Akademie se eeufeesjaar, ook die Akademie se Eeufeesmedalje vir sy hele oeuvre ontvang.
In sy literatuurgeskiedenis het JC Kannemeyer Kanna hy kô hystoe vermeld saam met die belangrikste internasionale dramaturge in die wêreld. Die Hertzogprys is die hoogste literêre onderskeiding wat die SA Akademie kan toeken.
Nicol Stassen lewer repliek:
Een van die skeldwoorde wat dr Michael le Cordeur my in sy brief van 29 Maart 2012 aan LitNet toevoeg, wat ek my met groot plesier laat welgeval, is dié van “pretbederwer”. Veral omdat dié skeldwoord dikwels aan my held, Uilspieël, geskree is as hy wanpraktyke, inkonsekwenthede en selfs onkunde in die samelewing uitgewys het.
Uilspieël sou ongetwyfeld baie pret gehad het met die feit dat dr Le Cordeur blykbaar nie ’n baie goeie leser is nie – nie ’n leser van die reglement waarvolgens hy die prys aan Adam Small toegeken het nie en ook nie ’n goeie leser van die briewe waarop hy met soveel emosie en beskuldigings reageer nie.
André Brink:
Vyftig jaar moes Adam Small wag om die Hertzogprys te kry vir Kanna hy kô hystoe, moontlik die beste drama in Afrikaans. Ná ’n halfeeu se wag is ’n onreg uiteindelik reggestel, selfs al het dit dan gepaard gegaan met reglementêre kleitrappery en burokratiese omslagtigheid. En soos die spietkop anderdag in Somerset-Wes vir my gesê het nadat hy my kaartjie uitgeskryf het: “Dag, Meneer. Laat dit jubel!”
Nee, ek is nie tevrede oor die manier waarop dit gebeur het nie. ’n Mens sou gehoop het dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die bietjie moeite kon gedoen het om ’n klein aankondiging te publiseer om te sê dat die besondere reglement, waar die probleem gekom het, hersien of opgeskort is en dat so iets daarom, so die Here wil, nie weer sal gebeur nie. As die ANC die Grondwet kan verander, kan die Akademie darem seker ook, ná ’n halfeeu van onreg, agt woorde (“wat binne die afgelope drie jaar gepubliseer is”) skrap uit ’n hinderlike en foutiewe regulasie wat nooit die daglig moes gesien het nie. Dit sou minder tyd verg as wat dit sou kos om iewers op ’n haaivlak vir ’n ou toilet ’n nuwe sitplek te installeer. Maar dit het gebeur, en ek dink dit is wat nou saak maak.
Rachelle Greeff:
Die uitgewer Nicol Stassen se brief aan die Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die toekenning van die Hertzogprys aan Small sou in ’n ander land en ’n ander tyd ’n komedie kon wees.
Stofoorloggie van die ooms, of iets in dier voege, sou mens dit al laggende kon noem; nie net oor Stassen se brief aan die akademie nie, maar ook oor die reaksie van Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die akademie.
Gelukwensing van groep skrywers:
Ons, die ondergetekende digters, skrywers, dramaturge en belanghebbendes wil deur middel van hierdie verklaring ons opregte dank teenoor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (die Akademie) uitspreek vir die toekenning van die Hertzog-prys aan professor Adam Small. Vir ons was Small deur al die jare ‘n simbool van verset, inspirasie en ‘n ongevraagde mentor.
Vir Prof Adam Small wil ons opreg gelukwens. Ons kan aan geen waardiger ontvanger van die prestige prys dink nie!
Adam Small se brief aan die Akademie vir Wetenskap en Kuns:
In ’n skrywe aan die SA Akademie sê Adam Small dat hy die Akademie bedank vir die toekenning van die Hertzogprys en dat dit vir hom ’n voorreg is om die prys te aanvaar.
Die toekenning is die afgelope tyd van oraloor verwelkom – veral vanuit skrywersgeledere is met waardering hiervan kennis geneem, hoewel baie wens dat die Akademie die toekenning al baie vroeër moes gemaak het.
Boekbesonderhede
eBook options – Download now!
by Carolyn on 29 Mar 2012


Die besluit van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om vanjaar van hul reglement af te wyk en die Hertzogprys aan Adam Small se drama-oeuvre toe te ken, in plaas van ‘n drama wat in die “vorige drie kalenderjare” verskyn het, word nou bevraagteken.
Boeke24 berig dat Nicol Stassen, besturende direkteur van Protea Boekehuis, meen die Akademie het nie regverdig en reëlmatig opgetree nie. Alhoewel hy begryp “dat die Akademie ’n onreg van die verlede wil regstel”, omdat Small na regte jare gelede reeds die Hertzogprys moes ontvang, meen hy dat die Akademie vanjaar “‘n nuwe onreg pleeg”.
André Brink het gesê dat dit beter sou wees as die Akademie vooraf bekend gemaak het dat hulle van die reglement gaan afwyk. Tog is hy “in die wolke om te sien dat hierdie onreg wat byna ’n halfeeu geduur het, nou uiteindelik, lyk dit, ongedaan gemaak is”. Breyten Breytenbach het die Akademie ook geluk gewens:
‘n Uitgewer van Afrikaanse boeke en dramatekste is van mening die toekenning van vanjaar se Hertzogprys is onreëlmatig.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het dié prestigeryke letterkundeprys vanjaar aan die skrywer, digter en dramaturg Adam Small toegeken vir sy drama-oeuvre.
Sy bekendste werk, Kanna hy kô hystoe, het in die 1960’s verskyn.



Boekbesonderhede
eBook options – Download now!
Grafika te danke aan Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns