Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Lydia Davis was announced as the winner of the Man Booker International Prize last night, via @HuffPostBooks: http://t.co/HJNYZ3QVWA

Kom vier die bekendstelling van Ratels saam met Leon van Nierop by die SAUK

Uitnodiging: Bekendstelling van Ratels

 
RatelsHuman & Rousseau en RSG nooi jou na die bekendstelling van Ratels deur Leon van Nierop.

Kom klink ’n glasie saam met Van Nierop, skrywer en regisseur, en kuier ook saam met die radiodrama se spelers. Dit is nie aldag wat mens ’n boek se karakters in lewende lywe sien en die storie ook op die radio kan volg nie.

Sien jou daar!

Besonderhede

Boekbesonderhede

Nadine Gordimer and Ben Okri's Annotated First Editions Auctioned in Aid of English PEN

Nadine Gordimer and Ben Okri joined other bestselling authors in donating an annotated copy of a first edition of one of their books to an auction in aid of English PEN.

No Time Like the PresentWildThe Famished RoadThe Conservationist

Okri’s comments on The Famished Road included his thoughts on the first paragraph: “Worked a lot on the opening paragraph: everything is in it: all came out of it; thinking of music; the opening notes; had to get the words absolutely right or the rest won’t follow….Odd that the beginning was written last, when I knew what the work was dreaming…”

View Okri’s annotations:

Ben Okri – The Famished Road

Gordimer annotated The Conservationist with a long note that concludes: “I am no prophet but as a writer, the nature of a writer’s subconscious does, I seem to have seen that the “land issue” rising, growing from the past, would culminate as it exists now, in the 21st Century of dispossession. The question of equality of rights for the people of South Africa.”

View Gordimer’s annotations:

Nadine Gordimer – The Conservationist

The auction was held on Tuesday in London and JK Rowling’s Harry Potter and the Philosopher’s Stone “fetched a record price of $228,000″ according to the International Business Times:

Even as the series stopped with “Harry Potter and the Deathly Hallows”, the magical charm of JK Rowling’s writing has not ceased. The unique, author-annotated edition of “Harry Potter and the Philosopher’s Stone” fetched a record price of $228,000 at the auction held at a Sotheby’s auction in London on Tuesday.

The Guardian have listed the annotations made by the various authors:

Amsterdam to Wolf Hall, Booker winners and bestsellers – authors including JK Rowling, Hilary Mantel, Philip Pullman, Nick Hornby and Ian McEwan annotate their own first editions. The books will be auctioned at Sotheby’s next week in aid of English PEN.

Book details

Karabo Kgoleng Reviews Way Back Home by Niq Mhlongo

Way Back HomeVerdict: a critical carrot

Niq Mhlongo fans have waited for a while for his third novel and here it finally is – Way Back Home.

Mhlongo received acclaim for his previous novels, Dog Eat Dog and After Tears, in South Africa and abroad and was hailed as a great new voice of South African writing – the literary version of the kwaito generation, if you will. This is because the protagonists in those novels were young black men who represented a social paradox. On one hand there was early post-apartheid euphoria imbued with the perfume of liberation and the promise of wealth and improved social standing, while on the other these young men were members of a group that carried the stigma of being responsible for crime, violence, absent-fatherhood, laziness and lack of employability. With acerbic humour, Niq writes about how these men navigate their way through their young lives in the midst of these bewildering circumstances. He doesn’t create romantic heroes; he gives the reader human beings in all their messy colourfulness.

Book Details

Video: Boeklokprent vir Die blou van onthou en Aan die stuur: My leierskapsreis

Die blou van onthouAan die stuurMarita van der Vyver se jongste roman, Die blou van onthou, het einde verlede jaar by NB-Uitgewers verskyn en so ook sakeleier Brand Pretorius se boek, Aan die stuur, oor die Suid-Afrikaanse sakewêreld en leierskap.

NB het vir albei dié boeke ’n boeklokprent geskep:
 
 

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede

Eksklusief: Carla van der Spuy se onderhoud met Isa Konrad oor Diva en Switzerland (Deel 2)

DivaDie gewilde Namibies-gebore skrywer Isa Konrad gesels met Carla van der Spuy oor haar huisie op die rivier, buurmanskap in Switzerland, haar gunsteling-skrywers en Suid-Afrika. Haar jongste spanningsroman, Diva, het pas verskyn. Lees ook Deel 1 van die onderhoud.

Jy voel klaarblyklik meer tuis in Switserland as in Suid-Afrika en Namibië. Sou jy sê dat jou ingesteldheid ook meer die van ’n Europeër is?

My ingesteldheid is dat ek oral tuis voel. Die groot rede hoekom ek dit verkies om in Switserland te bly, is omdat my huis kleiner, maar my wêreld groter is hier. Wanneer ek rusteloos raak of roetine aan my begin knaag, kan ek op ’n trein klim en iewers anders heen gaan, selfs al is dit net vir die dag. Ek kan ander gesigte sien, ander reuke ervaar, anders voel. As ek byvoorbeeld agtuur die oggend op die trein klim, kan ek middagete in Parys of Milaan wees. Of as ek snags nie kan slaap nie, kan ek alleen deur die dorp of langs die rivier gaan stap sonder om bang te wees.
Beweegruimte en persoonlike ruimte is vir my belangriker as leefruimte; om te kan kom en gaan soos ek wil. Vryheid. Ek veronderstel dis mý idee van geluk. My ingesteldheid het dus nie soseer met nasionaliteit te make nie, ek kan myself net beter uitleef hier. Dalk kan ek die dinge wat hierdie deel van die wêreld bied meer as baie Europeërs waardeer omdat ek ook elders gewoon het.

 photo Isasedorpieklein_zps38900a0d.jpgVertel iets van jou woonplek in Switserland.

Ons woon in Solothurn aan die Aare rivier. Dis ’n uur per trein van Zürich af. Solothurn is op die bank van die Aare rivier geleë. Die stad wat duisend jaar oud is, is vol fonteine met pragtige ou standbeelde. Die mense vertel graag dat toe God die aarde geskape het, het die Solothurners op die stadmuur gesit en kommentaar lewer.

Ons woon in ’n straat reg langs die rivier waar jy gedurig die reuk van water ervaar. Wanneer ek by die vensters uitkyk, of wanneer ek buite op my slaapkamerterras sit en werk, kyk ek af op die rivier, die bote, eende, swane, ou mans wat visvang en mense wat langs die rivier stap of wat net na die water staan en kyk. In die herfs en winter styg die mis van die rivier af op en rol oor die stad sodat jy skaars ’n meter voor jou kan sien. In die lente en somer swem die mense in die rivier. Die jongmense en kinders spring van die brûe af en dan klap almal hande en fluit.
Oorkant die rivier is daar ’n bistro op wiele met geel liggies, lanternes in die bome en ronde tafeltjies. Someraande speel hulle musiek: Billy Holiday, Sarah Vaughan, Ray Charles. Die musiek en die mense se gesels dryf dan oor die rivier by die oop terrasdeur in tot in my slaapkamer. Ek luister daarna tot ek aan die slaap raak. Maar terwyl ek nog wakker is, dink ek daaraan dat ek nie net langs die water nie, maar ook oorkant die water bly. Dan voel ek ver in die wêreld, maar na aan myself. Dis tog vryheid, nie waar nie?

Ons chalet in kanton Wallis dateer uit 1620. Dit is hoog in die Penniniese Alpe naby aan die grens van Italië geleë, op ’n dorpie genaamd Törbel. Mense dink ’n chalet is ’n rykmanshuis. Party is, maar nie die oues nie. Dit is net plaashuise. In die dae toe dit gebou is, het mense nog hul huise gedoop en ons huis heet “Haus Prosper Karlen”. Ek hou daarvan. ’n Huis moet ’n naam hê. Törbel het net 500 inwoners, die meeste van hulle boere. Die huisies daar is baie opmekaar gebou, want in die berge is mense meer aangewese op mekaar. Baie van die huise se onderste verdiepings is bok- en skaapstalle. Die boere en hul gesinne woon op die boonste verdieping, sommer so saam met die diere. My buurman ook, dit is vir my net wonderlik. Die beste was die eerste keer toe ek op my eie soontoe gegaan het. My buurman het kom kennis maak en wou dadelik vir my ’n skaap slag om my welkom te heet. Dit is hoe die mense daar is. In Namibië waar ek grootgeword het, is die mense ook so. Miskien is dit hoekom ek so tuis daar voel. In elk geval, ek het vir my buurman verduidelik dat ek eintlik ’n vegetariër is. Toe bied hy aan om vir my ’n hoender te slag. Ek het so lag gekry. Van toe af is ons vriende. Wanneer ek by my voordeur uitstap, is dit reguit veld toe. Die berge is soos die see, dit het getye. Die wolke eb en vloei daar, verander gedurig en mens ruik hierdie veranderinge ook aan die lug. Ek kan nooit genoeg daarvan kry nie, ek stap my dae om daar. Deesdae verdeel ek my tyd gelykop tussen die stad en die berge. Die balans voel vir my goed.

Jy beskryf jouself as ’n eenkantmens. Sou jy byvoeg, “introvert?” Kom jou ekstroverte kant dalk in jou skryfwerk na vore?

Ek het altyd gedink dat die woord ‘introvert’ ’n sinoniem vir ‘skaam’ is, maar nou weet ek dat dit niks daarmee te doen het nie. Dit gaan daaroor of mens krag daaruit put om alleen te wees, en of jy krag daaruit put om tussen mense wees.

Ek put beslis meer krag daaruit om op my eie te wees, maar nie omdat ek nie van mense hou nie. Ek geniet dit om na ander te luister, hulle dop te hou. Wanneer ek luister na die stories wat mense vir my vertel, voel ek asof ek deel is van iets. Hul lewens, my eie lewe, ek is nie seker nie. Maar dis hoekom ek skryf en dit ís dalk ’n vorm van ekstroversie. Of … ek kan ’n ekstrovert wees wanneer dit nie oor my gaan nie. Wanneer ek in geselskap oor myself moet praat, raak ek net moeg.

Is daar enigiets wat jy omtrent Afrika mis?

Nee. Toe ek in Suid-Afrika gebly het, het ek gesorg dat ek elke jaar teruggekom het Europa toe. Daarom het ek Europa nie gemis nie. En nou sorg ek daarvoor dat ek elke jaar teruggaan Suid-Afrika toe. Ek voel glad nie verskeur tussen die twee kontinente nie, want die wêreld is nie so vreeslik groot nie. Afstand is meer in mens se kop as iets anders.

Hoeveel tale praat julle tuis en wat is julle huistaal?

Ons praat Engels by die huis, maar al vyf in ons gesin kan vlot Duits en die Switserse dialek praat. Die drie kinders leer ook Frans, maar by hulle kom ek agter dat die Switserse dialek besig is om vinnig oor te neem. My Britsgebore man praat goed Afrikaans en vra soms dat ek met hom Afrikaans praat sodat hy kan oefen. Wanneer ons Afrikaans met mekaar praat, lag ons baie en dis ook ons skindertaal voor die kinders.

Glo jy onvoorwaardelik in die liefde?

Tussen mans en vroue? Nee. Ek glo in voorwaardelike liefde. Rose en maanskyn hou net tot op ’n punt. As jy jou in ’n verhouding begewe met die idee dat jy die ander persoon sal liefhê maak nie saak wat nie, kan jy net sowel die woord ‘deurmat’ op jou voorkop laat tatoeër. Omdat die menslike natuur is wat dit is. Ons stel basies in elke lewensaspek grense aan onsself om ons aangebore vernielsugtigheid in toom te hou. Dis vir my absoluut onverstaanbaar dat mense dink dit geld nie vir verhoudings nie. Liefde sonder grense is misère in wording.

Wie is jou gunstelingskrywers en hoe voel jy oor lees?

My gunstelingskrywers is die volgende:

T.C. Boyle: Talk talk, The Women, The Road to Wellville, Water Music, Drop City, The Tortilla Curtain
Margaret Atwood: The Blind Assassin, Oryx and Crake, The Robber Bride, The Handmaid’s Tale
Herta Müller: The Appointment
Marina Lewycka: A Short History of Tractors in Ukranian, Two Caravans, We Are All Made of Glue
Hakan Nesser: In Liebe, Agnes
André P. Brink: Anderkant die stilte

Die enigste woorde waarmee ek boeke en lees kan beskryf is ongelukkig nie my eie nie, maar C.S. Lewis s’n: ‘We read to know we are not alone’.

Ek kan nie sê dat ek elke boek wat ek lees, onthou nie. Soms lees ek ’n storie, geniet my gate uit en vergeet dit sodra ek daarmee klaar is. Dit maak nie saak nie. Soms vind ek antwoorde in boeke, soms vrae, maar meestal lees ek net met my hart. Die emosies vloei vrylik; ek verset my nie daarteen nie, probeer dit nie ontleed nie. Al wat ek weet, is dat ek in my gedagtes baie eensamer was voor ek boeke ontdek het as wat ek nou is. Boeke is kan enige tyd saam met jou na enige plek toe gaan.

Boekbesonderhede

Jane Rosenthal Reviews Ride the Tortoise by Liesl Jobson

Ride the TortoiseVerdict: carrot

There’s no substitute, really, for reading these short stories yourself, since any attempt to summarise, categorise and otherwise describe them will fall far short of the actual dinkum works themselves.

But let me say that Liesl Jobson has been published in many short story collections and that this, her first solo collection, is a book worth reading — and owning, so that you may have the pleasure of rereading it.

Book Details