Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Right! That's a wrap of our #ManBooker2014 coverage. Congratulations to Richard Flanagan bookslive.co.za/Yq9F

Finuala Dowling Reviews Heaven by Douglas Reid Skinner and Holding Back by Gus Ferguson

Heaven: New & Selected PoemsHolding BackVerdict: carrot

Gus Ferguson and Douglas Reid Skinner might grimace to hear themselves described as two of South Africa’s most senior poets, but the title is earned through more than mere longevity. Both have multiple collections behind them, and in their distinguished careers have acted as friends, mentors, publishers and comrades of the country’s finest poets (Don Maclennan, Tatamkhulu Afrika, Sydney Clouts, Robert Berold, Lionel Abrahams, Ingrid de Kok, Mzi Mahola, Jack Cope and Joan Hambidge, to mention only a few).

Book Details

Daniel Hugo resenseer Woorde roes in die water deur Clinton du Plessis

Woorde roes in die waterUitspraak: wortel

Du Plessis se verse is intelligent, woordspelig gevat, humoristies, skrynend, satiries, liries en (gelukkig) net soms sentimenteel. Daar is talle klinkende reëls, soos die volgende: “as die winter donker kom kooimaak op ons drumpel” (bl. 16). In “Verplaas” is ’n boer aan die woord en hy bid ten slotte: “Nog net één seisoen Heer / voordat ek hierdie alfabet van die grond / af moet leer.” Hier is ’n voorbeeld van sy (effens seksistiese) humorsin: “die onstabiliteit / het die wisselkoers wipplank, / soos ’n maklike sekretaresse, laat ry” (bl. 81).

Boekbesonderhede

Marlise Joubert deel waarom In a Burning Sea: Contemporary Afrikaans poetry in translation nodig is

In a Burning SeaLouis Esterhuizen het met Marlise Joubert gesels om meer uit te vind oor In a Burning Sea: Contemporary Afrikaans poetry in translation wat pas by Protea verskyn het. In antwoord op die vraag waarom ‘n bloemlesing van Engelse vertalings van kontemporêre Afrikaanse gedigte, sê Joubert:

“Ek dink dat sedert demokratisering ons Afrikaanse digkuns goed gevestig geraak het as een van die mees gerekendes in die Suid-Afrikaanse letterkunde en multi-linguale samelewing, tot so ʼn mate dat digters soos Krog, Breytenbach, Naudé, van Niekerk, Kamfer en enkele ander gereeld uitgenooi word om by internasionale feeste op te tree. Maar watter ander digters buiten hierdie is bekend aan die oorsese poësieliefhebber? Die noodsaaklikheid om ʼn groter verskeidenheid van ons digters oorsee en ter plaatse aan Engelstalige lesers bekend te stel, lê dan juis daarin om so ʼn versameling van vertalings byeen te bring. Dit kan ook help dat individuele digters later ʼn volledige eie bundel in vertaling kan publiseer.”

Joubert gesels ook oor die kriteria wat aan digters gestel is, André Brink se rol as keurder, die projek oor die algemeen en die buitengewone welwillendheid wat dié projek uit soveel oorde geniet het.

Lees die artikel:

Op sy beste is hierdie bloemlesing ʼn projek wat gesien moet word om bekendstelling van Afrikaanse digters aan ʼn leserspubliek te gee wat nie vantevore van hulle kennis kon neem nie. Met inbegrip dat geen bloemlesing ooit werklik die geheel van enige digter se oeuvre kan reflekteer nie. Individuele vertalings van ʼn hele bundel seker wel.

Destyds was hierdie vertalings ook gekies met die oog op ʼn internasionale mark en dus met die hoop dat ʼn uitgewer oorsee gevind sou word.

Die ander riglyn was dat dit almal kontemporêre digters sal wees wat dan in ʼn bepaalde tydperk minstens 2 tot meer bundels die lig laat sien het as publiserende digter. Ek het debute en selfpublikasies buite rekening gelaat. Die tydperk was dus 2005 tot 2011. Ek het rondom 2009/2010 begin daarmee en geweet dat ek einde van 2011 nog digters sou byvoeg. Op die ou end het dit uitgewerk op 30 digters. Elkeen kon 10 gedigte van ʼn eie keuse lewer om vertaal te word.

Boekbesonderhede

Herman Lategan se Binnekring van spookasems dryf Koos Kombuis tot Disprins en trane: "My hart was BAIE seer"

rock&roll.karooBinnekring van spookasemsKoos Kombuis het onlangs ‘n roerende lesersindruk van Herman Lategan se rubriekbundel, Binnekring van spookasems: Stories oor die lewe, op LitNet geplaas. Hy skryf:

“Ek het Herman se boek nadergetrek, op die agterstoep gaan sit tussen die hondehok en die veerpyltjiebord, en begin lees. Die hele boek, hierdie keer, nie net die paar uitsoekstukkies wat die uitgewers vir my per e-pos gestuur het nie.

Eers teen Saterdagaand, toe ek vir die eerste keer besef dat ek die wedstryd tussen WP en die Blou Bulle gemis het, was ek klaar.”

Kombuis se skrywe onthul iets omtrent die realiteit van Suid-Afrikaanse skrywers, en hoe mense hul vergoed (al dan nie) vir werk wat hul doen.

Lees die treffende artikel (wat nie ‘n resensie genoem kan word nie want, verduidelik Kombuis, daar is klaar ‘n aanhaling van hom op die boek se voorblad):

“Nou waar was jy dan die hele naweek? Ek het jou nooit gesien nie!”

“Ek het gehuil!” roep ek. “Ek sit nou al die hele naweek op die agterstoep met ‘n glasie wyn en met Binnekring van spookasems!”

“Hoeveel glasies wyn? Hulle sê ook neusbloeding kan veroorsaak word deur medikasie wat die bloed verdun!”

Skielik gaan daar ‘n liggie vir my op. “My hart was seer, toe vat ek ‘n paar Disprins!” erken ek.

Sy klink skielik bekommerd. “Hoeveel Disprins presies?”

“Ek is nie seker nie! My hart was BAIE seer!”

Boekbesonderhede

Potgooi: Bernard Odendaal lees voor uit In die skadu van soveel bome deur Hennie Nortje

In die skadu van soveel bomeMargot Luyt het onlangs vir Bernard Odendaal genooi om verse uit In die skadu van soveel bome deur Hennie Nortje voor te lees en te bespreek.

Hierdie debuut deur Nortje het verlede jaar verskyn en twee gesogte literêre toekennings ontvang: Die Ingrid Jonker-prys en Eugène Maraisprys vir eerste of vroeë letterkundige werk.

Luyt en Odendaal gesels oor die temas en tegnieke wat in In die skadu van soveel bome tentoongestel word en beklemtoon die intellektuele waarde van Nortje se werk.

Na Odendaal se voorlesing van Luyt se gunsteling gedig uit Nortje se pen, lag sy uitbundig met plesier. Luister na die potgooi om uit te vind waarom sy dit so geniet:

Boekbesonderhede

Marlies Taljard bied insig tot Die roebaijat van Omar Khajjam: 50 kwatryne vertaal deur Daniel Hugo

Die roebaijat van Omar Khajjam“Soos alle ironieë beweeg die Roebaijat vanaf illusie na realiteit op ’n wyse wat eerder bind as bevry.” Só skryf Marlies Taljaard in ‘n artikel oor Omar Khajjam se bekende Rubáiyát en Edward FitzGerald se vertaling daarvan.

Taljaard gebruik twee voorbeelde uit Die roebaijat van Omar Khajjam: 50 kwatryne vertaal deur Daniel Hugo om haar argument te staaf:

Ag, my lief, kon ek en jy met die lot saamsweer
om die krom bestel van sake te korrigeer,
hoe sou ons dit nie aan skerwe slaan
en dan boetseer – nader aan wat die hart begeer.
(Kwatryn 48)

O, maan van my plesier wat nooit sal kwyn –
kyk, die hemelse maan het weer verskyn.
Hoe dikwels sal sy vergeefs na my kom soek, hier
in die tuin? Want ek sal vir goed verdwyn.
(Kwatryn 49)

Boekbesonderhede