by Carolyn on 16 May 2012

Uitspraak: wortel
Die titel en die kragtige bandontwerp (’n kunswerk deur Christiaan Diedericks, Death of the Inside Warrior) roep die aflegging van aspekte van die self op.
In “Skielik skemer” word die titel van toepassing gemaak op die digter John Berryman, wat in 1972 selfmoord gepleeg het, maar dit word deurgetrek met betrekking tot die liriese spreker in verskeie verse en van toepassing gemaak op die korpus van De Lange se vorige bundels.
Boekbesonderhede
by Izak on 16 May 2012
Cas Vos het die gedig “Uitkyk” geskryf ná ‘n gesprek met sy goeie vriend Gerben Heitink wat kort tevore sy seun in ‘n valskermspringongeluk verloor het. Vos en Heitink het oor die misterie van lewe en dood gesels en die filosofie van Charles Taylor bespreek.
Vos vertel in ‘n onderhoud op Versindaba dat hy Taylor se siening van ‘n “poreuse wêreldbeeld” in die gedig “Uitkyk” gebruik het, wat in sy nuutste bundel, Weerloos lewe, opgeneem is:
Kan jy kortliks sê waaroor die vers, volgens jou, handel?
Dit gaan om twee lewens- en wêreldbeskouings wat mekaar nie hoef uit te sluit nie. Behalwe as die geslote beskouing geen voorsiening vir die poreuse beskouing laat nie. ʼn Geslote lewens- en wêreldbeskouing berus onder andere op die filosofie van René Descartes, Karl Popper, Jürgen Habermas (die rede), John Locke en David Hume (die empiriese, dit wat ʼn mens kan waarneem), Friedrich Nietszche (die nihilisme) en Jacques Derrida (dekonstruksie). In dié siening is alles “dig”. Selfs god bly doodgerus op die solder van vergetelheid. En daar vergaar net stof van die laaste dae.
Boekbesonderhede
by Lindsay on 16 May 2012

Verdict: stick
If writer Lesego Rampolokeng was given to overt off-stage narcissism, he would probably compare himself to a Johnny Dyani bassline. In a country in which populist guitarist Jimmy Dludlu just took a South African Music Award for best jazz album, Rampolokeng’s increasing obscurity is nothing if not symbolic.
In 2007 the journal Chimurenga put out its 11th issue, Conversations with Poets Who Refuse to Speak. Had that volume been released this year, Rampolokeng would have featured in its pages, reiterating his “difficulty” with being thought of as a “performance poet” while throwing in some caustic humour about bards who sell petrol and body lotion.
Book Details
by Izak on 15 May 2012
Wanneer ‘n mens reis, verwerk jy jou indrukke deur telkens terug te verwys na dit wat vir jou bekend is. “Jy is dus eintlik nooit elders nie.”
Só beskryf Louis Esterhuizen sy gewaarwordings tydens ‘n oorsese reis, wat neerslag gevind het in sy nuutste digbundel, Amper elders. Esterhuizen het op die RSG-program Vers en Klank uit sy bundel voorgelees. Luister na die potgooi:
[display_podcast]
Boekbesonderhede
by Izak on 09 May 2012
Johann Lodewyk Marais het onlangs die gedig “Kameel” op Versindaba gepubliseer. Dit sluit aan by sy ander gedigte oor diere waarvan daar vele voortreflike voorbeelde in sy mees onlangse bundel, Diorama, verskyn het:
KAMEEL
Camelus dromedarus
Die dromedarus is ‘n telganger,
‘n huisdier met smal neusgate
wat hy teen waaierige sand toehou,
klein oorskulpe en ‘n harige bolip
om met sy groot hoek- en snytande
harde woestynplante af te knibbel.
Boekbesonderhede
by Carolyn on 08 May 2012

Uitspraak: wortel
Kort ná Tom Gouws se bekroonde bundel Ligloop (2010) verskyn Stigmata (2012). Oppervlakkig gesproke lyk dit of die beklemtoning van die lig nou plekmaak vir ‘n visie op die donker; asof die bundel die beginsel van verwonding, en veral tekens of manifestasies daarvan, aan die orde stel en die digter daarmee ‘n somber terrein betree. Maar is dit so, en hoe pak Gouws dit aan?
Eerstens is die digter klaarblyklik sterk onder die indruk daarvan dat hy tekste skep tussen, uit en saam met ‘n magdom van geskrewe en ander tekste. Deur die motto’s wat dikwels die verse vergesel, sowel as deur verwysings binne die gedigte, sit hy die ketting van optekening voort om die idee van ‘n gelaagdheid van tekste oor te dra en die nuutgeskepte poësieteks in ‘n breër perspektief te plaas. Die leser word nie slegs gekonfronteer met ʼn enkele stuk weefwerk, selfs die enkele draad van Gouws se hand nie, maar gedwing om wyer en dieper te kyk – na ‘n oneindige of tapisserie, ʼn web waarin verskillende weefsels meespeel om dimensie aan die nuwe teks te gee. Lesers weet al dat dit ‘n kenmerk van hedendaagse tekste is en dat die postmodernisme so ‘n veelheid en verweefdheid sanksioneer omdat dit die kompleksiteit van dinge onder die aandag bring. Hierdie benadering van hibriditeit, vermenging en veelheid is die keersy van die eenvoudige en gestroopte siening, aanbieding of gedig, en ʼn enkelvoudige kyk op sake. Vir Gouws gaan dit hier om die web en die wonder daarvan; dit is wat hy wil sigbaar maak.
Boekbesonderhede