Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Die filmverwerking van Vaselinetjie begin binnekort draai. Lees dié besondere roman weer voor jy dit gaan kyk.

Sy is Helena Bosman van die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie.

Sy is hulle hart se punt, tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng. Want sy is wit en kan nie haar bruin oupa en ouma se regte kleinkind wees nie.

Dit is 1993 en Suid-Afrika staan op die rand van ‘n nuwe politieke bestel. Soos die land verander, so word Vaselinetjie ook in die vreemde, ongenaakbare weeshuiswêreld ‘n jong vrou.

Vaselinetjie is tegelyk ‘n huil-mooi liefdesverhaal en ‘n roman oor grootword in ‘n kinderhuis. Soos in haar debuutroman, Annerkant die longdrop, skryf Von Meck oor ‘n omgewing wat sy deur en deur kén. [...] Dit is ‘n storie wat jy kan onthou en oorvertel, en wat vir lank nog met jou sal bly gesels voordat jy snags jou oë toemaak.” Willemien Brümmer in Die Burger

Anoeschka von Meck het in 1998 verras met haar debuutroman, Annerkant die longdrop. Hierdie boek, wat gegrond is op haar werklike ervarings as kinderversorger by ‘n kinderhuis, bring ‘n wêreld onder woorde wat aan min mense bekend is. Vaselinetjie is onvergeetlik.

Die filmverwerking van Vaselinetjie begin 22 September in teaters draai. Kyk solank die lokprent hier:

Vaselinetjie

Boekbesonderhede

 
 

Annerkant die longdrop

Time is running out for Ebba in the second title of the Elevation trilogy...

Elevation 2: The Rising TideThe second title in this popular trilogy set in futuristic Cape Town.

Time is running out for Ebba and all four amulets are missing. The General is now in control of the city and he is planning a genocide.

Can she use her position as a member of the Council to stop him? Micah is heading the resistance with the gorgeous Samantha Lee.

With nothing left to lose but his love, Ebba agrees to one final sacrifice.

Helen Brain was born in Perth and grew up in Durban. She has written over 50 books for children and young adults, as well as a memoir for adults entitled Here Be Lions. Her teen novel, Tamara, won an ATKV prize in 1998. She teaches part time at an international online writing college. She lives in Cape Town with her husband and two dogs.

Book details

"Soet kinders maak nie goeie stories nie" - Fanie Viljoen gesels oor sy jeugromans

Fanie Viljoen het destyds kritici, lesers, ouers, en onderwysers aan die gons gehad oor sy debuutroman BreinBliksem. Sedertien het Fanie uitgebrei na kinderboeke, en romans vir jonger tiener lesers. Hier gesels hy oor die noodsaaklikheid van kwessies soos homoseksualiteit in skole bespreek, die rol wat musiek in sy boeke speel, die subtiele gevare van tegnologie, en faktore wat daartoe lei dat mense gewelddadig optreee.

Buiten jou jeugverhale, skryf jy ook kinderboeke. Hoe verskil die uitdagings wat jy met die skryf van die twee afsonderlike genres ervaar?

Die ontwikkelingsvlak van kinders verskil geweldig van jaar na jaar. ’n Mens moet dus baie versigtig wees vir die tipe stories wat jy vertel en hoe jy dit vertel. Met jeugverhale kan jy meer waag wat temas betref, veral vir ouer tieners.

Die risiko’s wat aan ons maklike/oombliklike toegang tot die internet geheg word, word in jou boeke ondersoek. Brei bietjie uit hieroor?

Tegnologie is baie belangrik vir jongmense, en hulle boeke moet dit weerspieël. Ek hou daarvan om soms die spanning op te jaag as die tegnologie nie werk nie, byvoorbeeld as ’n selfoonbattery pap is wanneer jy hulp wil ontbied. My boeke waarsku ook subtiel teen die gevare van tegnologie, soos die gebruik van sekere apps of kuberkrakery.

Uit handel oor ’n tienerseun wat worstel met sy seksualiteit. Wat is jou opinie oor hoe homoseksualiteit deur Afrikaanse gemeenskappe ontvang word? Dink jy daar word genoeg opbouende, deurdenkte gesprekke daaroor gevoer? Word daar genoeg daaroor geskryf in jeugromans?

Die aanvaarding van homoseksualitiet verskil grootliks in ons land. By sommige skole het die kinders nie ’n probleem daarmee nie, maar by ander skole kan ek sien hoe die atmosfeer dadelik verander as die onderwerp opkom. Daar was al ook ’n skool wat gevra het dat ek nie oor Uit moet praat nie. Dit is juis daardie skole wat dit nodig het. Daar moet gepraat word, want in elke skool is daar ’n paar kinders vir wie die boek bedoel is. Die tieners moet weet hulle staan nie alleen nie. Ons jeugromans begin al hoe meer in die tema delf. Marion Erskine se onlangse jeugroman Vlerke vir Almal vir almal spreek dit ook as subtema aan.

Uit

Een hoofstuk in Pleisters vir die Dooies se titel heet ‘Ultrageweld’; hierdie is ‘n direkte verwysing na die hoofkarakter in Anthony Burgess se Clockwork Orange, Alex, en dié se droogs se gunsteling tydverdryf (“ultra violence”). Die ongure karakters wat die protagonis raakloop herinner ook aan Alex en sy droogs. Beide BreinBliksem en Pleisters vir die Dooies bevat tonele van ultrageweld. Hoe gaan jy teweeg om bloeddorstige tonele te skryf, en wat dink jy ‘veroorsaak’ gewelddadige gedrag in ’n mens? (Die protagonis in PVDD skryf sy geweld-drange aan rekenaarspeletjies toe, maar tog…)

Ek laat my deur my skrywersinstink en die karakters lei wanneer ek so ’n toneel sou skryf. Dit moet getrou wees aan die storie en pas by die karakter se motivering. Daar is verskeie kriminologiese teorieë vir geweld en misdaad. Om net rekenaarspeletjies die skuld te gee, is simplisties. Frustrasie, ouers se onbetrokkenheid, boeliery en toegang tot wapens is van die redes.

Breinbliksem
Pleisters vir die dooies

Verwysings na musiek en musikante verskyn deurlopend in jou romans (van Korn in BreinBliksem tot Foster the People en Leonard Cohen in Pleisters vir die Dooies en selfs jou eie skepping, Koelkop, in Spring). Wat beteken musiek vir jou, en watter rol speel musiek in tieners se lewens?

Musiek word die klankbaan van ’n mens se lewe. Elke jeugverhaal wat ek skryf het ook ’n klankbaan. Dit help my om in die karakters se koppe te klim. Vir Pleisters vir die Dooies het ek byvoorbeeld herhaaldelik na Nick Cave se “Mercy Seat” geluister omdat dit byna soos ’n mantra is.

Swendelaars en groepsdruk steek ook gereeld kop uit in jou boeke. Om watter rede skryf jy oor tieners/jong volwassenes se begeerte om deur hulle portuurgroep en/of ouer, cooler, meer ervare mense aanvaar te word?

Die behoefte om aanvaar te word is steeds ’n kwessie vir die meeste tieners. Dis deel van die grootwordproses, ons wil iewers behoort, selfs al is dit by die groep kinders teen wie jou ouers jou gewaarsku het. Om dan te lees hoe daardie behoefte jou in die moeilikheid laat beland, sorg vir ’n lekkerleesboek. Soet kinders maak nie goeie stories nie, of altans nie die stories wat ek wil lees nie.

Boekbesonderhede

Twee nuwe titels in Lize Roux se gewilde Stalmaats-reeks

Stalmaats 19: Pretrit
Lize Roux

Die skoolvakansie is om die draai.

Anri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Nadine is ook lief vir perdry – en Anri kan nie wag om haar aan Megan en Karen voor te stel nie.

Hulle gaan die vakansie hope pret by die ryskool hê, met ekstra rylesse en ’n spesiale Paaseier-soektog vir die Peace Shelter se kinders!

Maar dit lyk of Nadine ander planne het, en Anri se vriende by die ryskool is nie so beïndruk daarmee nie …

Dit is boek nommer 19 in hierdie baie gewilde perdereeks, wat handel oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool.


Stalmaats 20: Perdediewe
Lize Roux

Anri kan nie wag nie vir die langnaweek wat voorlê nie! Sy en haar gesin gaan lekker in die Kaap kuier. Hulle gaan met die kabelkar tot op Tafelberg ry, die akwarium besoek en hope pret hê.

Boonop stem haar ouers in dat Jacques mag saamkom. Dit beteken hy kan self gaan kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan.

Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur – en kort voor lank is Anri-hulle in groot gevaar.

Dit is boek nommer 20 in hierdie baie gewilde perdereeks, wat handel oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool.

Boekbesonderhede

Kyk die lokprent vir Troula Goose se aangrypende Maanlig-meermin

Kate se pa kanselleer hulle Durban-vakansie en sleep haar saam na die plaas in die Klein Karoo waar hy grootgeword het.

Sommer met die intrapslag gee die spokerige plaas en sy weird mense Kate koue rillings, maar stormweer laat die drif afkom en hulle is vasgekeer.

Diep in die donker kloof agter die opstal word Kate se tergende vrae beantwoord: Skuil daar regtig ‘n meermin in die riviere van die Klein Karoo?

En wat het sy met haar, Kate, te doen? 

Skrywer Troula Goosen is in haar sestigs en woon in Bettiesbaai. Sy het onlangs eers begin skryf en haar eerste boek Spooksoene (Protea Boekhuis) word in 2016 met ‘n ATKV-veertjie bekroon. Troula het ses grillekker stories bygedra vir Skool is ‘n riller.
 
 

Kyk die lokprent vir Maanlig-meermin hier:

 

 
 
Lees ‘n onlangse resensie deur Nichola Viviers, ‘n leerder aan Hoër Meisieskool Bloemhof:

 

Boekbesonderhede

Wenners van Media24-boekpryse vir 2017 bekend

Die wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2017 is Donderdag, 22 Junie 2017 in Kaapstad bekend gemaak.

Nagenoeg 80 boeke wat in 2016 by uitgewerye in die Media24-stal verskyn het, is ingeskryf in vyf kategorieë met ’n gesamentlike prysgeld van meer as R175 000.

Die oorhandiging van die pryse het saamgeval met ’n groot mylpaal – die viering van 100 jaar van boekuitgewery binne die Naspersstal.

Die wenner van die W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie is Dan Sleigh met sy historiese roman 1795, uitgegee deur Tafelberg. Dit is die derde keer dat Sleigh hierdie belangrike prys ontvang. 1795 is deur die keurders beskryf as ’n “ambisieuse museale roman waarin Sleigh se uitsonderlike kennis van die VOC-geskiedenis indringend verhaal word. Sleigh laat oortuigend sien dat gebeure uit 1795 relevant en aktueel is, veral wanneer dit gaan om verset teen verraad en korrupsie en om opstand teen die verlies van kultuur en taal.”

Die ondersoekende joernalis en etnograaf Sean Christie het die Recht Malan-prys vir niefiksie verower met sy Under Nelson Mandela Boulevard: Life Among the Stowaways oor jong Tanzaniese skeepsverstekelinge wat onder ’n oorwegbrug op die Kaapstadse strandgebied woon. Dit is uitgegee deur Jonathan Ball Publishers. Under Nelson Mandela Boulevard is volgens die keurders ’n buitengewone prestasie en ’n verruimende leeservaring. “Met groot en uitdagende kwashale gee Sean Christie ’n verrassend vars en uitdagende blik op ’n stad wat iedereen gedink het hulle ken.”

Bibi Slippers is met die Elisabeth Eybers-prys vir poësie beloon vir haar debuutbundel Fotostaatmasjien (Tafelberg), wat deur die keurders geloof is vir die omvang en verskeidenheid van die materiaal wat tot samehang gebring word en vir sy “innovering-met-gehalte”.

Die M.E.R.-prys vir jeugromans is toegeken aan Edyth Bulbring vir Snitch, uitgegee deur Tafelberg, en die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke aan Ingrid Mennen en Irene Berg (illustreerder) vir Ink, ook uitgegee deur Tafelberg. Dit is die tweede keer dat Mennen en Berg hierdie prys wen.

Die keurders was: Vir die WA Hofmeyr-prys: Ena Jansen, Danie Marais en Francois Smith; vir die Recht Malan-prys: Jean Meiring, Elsa van Huyssteen en Max du Preez; vir die Elisabeth Eybers-prys: Henning Pieterse, Louise Viljoen en Marius Swart; vir die M.E.R.-prys vir jeugromans: Louise Steyn, Verushka Louw en Wendy Maartens; en vir die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke: Lona Gericke, Paddy Bouma en Magdel Vorster.

Die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie is nie vanjaar toegeken nie en staan oor tot volgende jaar.

Boekbesonderhede

Under Nelson Mandela Boulevard - Life In Cape Town's Stowaway Underground

 
 
 
 
Fotostaatmasjien

 
 
 
 

1795

 
 
 
 
Snitch

 
 
 
 
Ink