Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Announcing the Inaugural André Brink Memorial Lecture, to be delivered at this year's @FranLitFest bit.ly/1EPQRNb

Jaco Jacobs beveel aan: Tien storieboeke oor diere vir jong lesers

Die kaskenades van Jakkals en WolfWonderlike ware dierestoriesParmantKlouSlym en die towertapytDie mooiste dierestories
Kom hier, Karnallie!Mooi so, Toffie!Die olifant wat bang wasDierehotel 1: Alle diere welkom!
Suurlemoen!Suzie se superdoeper-sjampoeZackie Mostert en die meisie-moles

 
Die bekroonde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, het onlangs tien dierestories vir jong lesers aanbeveel.

Die outeur van onder andere Suurlemoen!, Suzie se superdoeper-sjampoe en Zackie Mostert en die meisie-moles skryf op Wêreldwyd: “Onthou jy nog die tonekrul-lekker stories oor Jakkals en Wolf wat Oupa kleintyd vir jou vertel het?”

Jacobs is veral opgewonde oor boeke deur Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Leon Rousseau, Jenny Oldfield, Leon de Villiers en Kate Finch wat soos die diereverhale van ouds weer die kinderleser sal betower.

Lees die artikel:

Veral jonger kinders is versot op die bekoring wat ’n lekker dierestorie inhou. In Engels is daar klassieke verhale soos The Wind in the Willows, Charlotte’s Web, Watership Down en The Sheep-Pig. Afrikaanse kinders kan hulle egter ook verlekker in ’n verskeidenheid heerlike diereverhale – verhale met dierekarakters sowel as verhale waarin diere ’n belangrike rol speel. Die boeke op hierdie lys is gewaarborg om vir ure se leespret te sorg.

 
Verwante skakels:



 
Boekbesonderhede

Keina Swart: “Dis nie maklik om in vandag se tye ’n kind van 12 te wees nie”

Bloujaar“Dis nie maklik om in vandag se tye ’n kind van 12 te wees nie.”

Só skryf Keina Swart in ’n rubriek vir Netwerk24 oor die onstellende stories wat sy Sondae by haar twaalfjarige studente hoor.

Die Bloujaar-outeur vertel van haar Sondagskoolklas waar sy kinders aanmoedig om oor hul lewens te skryf. Soms mag sy van dié stories lees, wat haar dan weereens opnuut laat besef dat dit nie maklik is om ’n kind te wees nie.

Lees die artikel:

Dié skryfsels wat ek ontvang, bêre ek op ’n geheime plek. Saans wanneer ek nie kan slaap nie (wat nogal gereeld gebeur), lees ek dit oor en oor, en dan kan ek nóg minder slaap.

“Ek haat vir juffrou so-en-so. Ek haat, haat, haat haar en sy haat my ook,” sal daar staan.

“My lewe is amazing en lekker. My ma skei nou vir die derde keer, maar dit kry my nie onder nie. Alles sal regkom, want ek het vriende wat omgee,” lui nog een.

“Tannie, toe ek klein was, het my ouma se man in die aande in my kamer ingekom as my ouma slaap,” lees ek.

Boekbesonderhede

Watch Suzelle and Other Celebrities Reading in Unfamiliar Languages for International Mother Language Day

To celebrate International Mother Language Day tomorrow, national reading-for-enjoyment campaign Nal’ibali has released a video showing celebrities reading stories in languages they didn’t understand.

In the video, YouTube DIY sensation Suzelle, Zolani Mahola of Freshlyground, as well as soccer players Cecil Lolo and Ziyaad Eksteen from Ajax Cape Town Football Club attempt to read in a language they do not speak.

“It is of utmost importance to me that my child speaks the language of his mother and the people who came before her,” Mahola says. “For him to have access to the rich culture I came from would be one of the biggest gifts I could ever pass on to him and reading in his mother tongue would open the windows of that world even further to him.”

Watch the video:

YouTube Preview Image

Press release

Nal’ibali, the national reading-for-enjoyment campaign, has collaborated with SA role models and public figures to highlight the importance of mother tongue languages in children’s literacy development this International Mother Tongue Language Day, Saturday 21 February. By asking participants to try and read a children’s story – in a language they didn’t understand – Nal’ibali has created a poignant Public Service Announcement (PSA) highlighting the challenges faced by many young children as they engage with print and other literacy materials in unfamiliar languages on a daily basis.

“Regular interaction with interesting and challenging books and stories in home languages allows children to build a deep understanding of their mother tongue. This ensures a firm foundation for learning not only an additional language, but for all other school learning too,” explains Carole Bloch, Director of PRAESA (The Project for the Study of Alternative Education in South Africa) which is running the Nal’ibali campaign.

“All children, and not only English speakers, deserve significant exposure to the finest of locally written and international literature in their first languages. Until we achieve this, we continue to disadvantage learning opportunities for the majority of children in South Africa,” Bloch continues.

Showing just how meaningless receiving news and information in a language you don’t understand can be, South African public figures including YouTube sensation, Suezelle DIY, actress and Freshlyground lead singer, Zolani Mahola, as well as soccer players Cecil Lolo and Ziyaad Eksteen from Ajax Cape Town Football Club all had a turn to be filmed reading a story in a language they did not know.

“It is of utmost importance to me that my child speaks the language of his mother and the people who came before her. For him to have access to the rich culture I came from would be one of the biggest gifts I could ever pass on to him and reading in his mother tongue would open the windows of that world even further to him,” commented Mahola on the day.

Taking up the challenge, and reading snippets from a story in the ‘wrong’ language on air, national radio stations RSG, SAfm and Umhlobo Wenene FM, who typically broadcast in Afrikaans, English and isiXhosa respectively, surprised their listeners and helped spread the message even further.

“It takes many years to learn your mother tongue well and reading and talking about books in your home language enriches children’s language enormously. So, to help your children have the very best chance of success at school, the golden rule is to start talking and reading to them in their mother tongue/s when they are babies and keep doing this throughout their lives, even as they learn other languages at school,” concludes Bloch.

And, for those wanting to access children’s stories and other literacy materials in a range of SA languages, they need not look further than the Nal’ibali reading-for-enjoyment supplement. Issued each week during term time, the supplement is the only fully bilingual resource of it’s kind offering children’s stories, literacy activities as well as reading tips and support in four different language combinations. These resources are also freely available from the Nal’ibali web- and mobisties: www.nalibali.org and www.nalibali.mobi.

To watch the special Nal’ibali International Mother Tongue Day PSA, visit the Nal’ibali website at http://www.nalibali.org.

The Nal’ibali reading-for-enjoyment supplement is available in the below newspapers:

KwaZulu-Natal: Sunday World (English and isiZulu) on Sundays
Gauteng: Sunday World (English and isiZulu) on Sundays
Free State: Sunday World (English and Sesotho) on Sundays
Western Cape: Sunday Times Express (English and isiXhosa) on Sundays
Eastern Cape: The Daily Dispatch on Tuesday and The Herald on Thursdays (English and isiXhosa)

Ends

Kom kuier met verskeie LAPA-skrywers by die UKZN-Kinderboekfees in Pietermaritzburg

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en LAPA Uitgewers nooi jou graag na die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Kinderboekfees wat op 25 en 26 Februarie in Pietermaritzburg plaasvind. Hierdie fees is spesiaal vir primêre en sekondêre leerders, asook Afrikaans-onderwysers.

Suurlemoen!Tussen stasiesDie tuiskomsFranse vlegsel

 
Op die eerste dag vind daar ’n oggendsessie plaas vanaf 09:00 tot 12:00 vir die grondslagfase en ’n middagsessie vanaf 12:30 tot 14:00 vir die intermediêre fase. LAPA-skrywers Jaco Jacobs en Christien Neser gaan die leerders toespreek by UKZN se Pietermaritzburg-kampus.

Op Donderdag, 26 Februarie gaan hoërskoolleerders bymekaar kom by Hilton College vanaf 09:00 tot 14:00 waar Sophia Kapp en Irma Joubert by Jacobs en Neser gaan aansluit.

Bespreek voor 20 Februarie en besoek LitNet vir die volledige program.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede

Boekbesonderhede

Uittreksel: ’n Jong seun vorm ’n ongewone vriendskap met ’n posduif in Skrik kom huis toe

Skrik kom huis toeDie buitestander word as’t ware gebore uit verhoudings wat verkeerd loop. – Dolf van Niekerk

Die eerste uitgawe van Dolf van Niekerk se jeugboek, Skrik kom huis toe, is in 1968 deur Nasionale Boekhandel Beperk uitgegee. Tog bly die temas van eensaamheid, gebroke families en tekort aan aandag en liefde vandag nog relevant en Protea Boekhuis het verlede jaar weer die geliefde verhaal beskikbaar gestel.

Albert is ’n eensame jong seun met ’n skerpsinnige verbeelding en ’n liefde vir die natuur. Hy ontsnap sy strak familielewe deur toevlug te vind in die sipresboom wat soos ’n naald lyk, die miershope soos natgereënde langwolskape, die laksman met sy manelpak aan.

In hierdie uittreksel ry Albert se pa amper ’n posduif dood, maar die seun red hom net betyds. Sy ma weier om die duif in die huis toe te laat, maar sy pa bied aan om die ou hoenderhok reg te maak.
 

* * * * * * * *

 

    My ma beveel my om my Sondagmiddagklere aan te trek.

    Langbroek en wolkouse en skoene. Ek maak die kamerdeur toe en sit op die bed, al mag ek nie. My regtergroottoon se nael is die vorige week deur ’n klip afgeruk. Die gedagte aan ’n skoen laat pyne uit die toon se kop skiet tot in my verstand. Ek raak aan die langbroek wat oor ’n stoel se leuning hang. My hele lyf slaan hoendervel uit. Die langbroek is van growwe materiaal, dit krap my vel en ek jeuk en sweet tot ek my lyf wil losruk uit die klere.

    My pa trek die kar voor die huis. Die son weerkaats in die kar se vensters en in my pa se bril – ek kan my pa nie sien nie, so toe is alles onder die son.

    “Albert!”

    Spring op die een been tot by die voordeur. Die langbroek skaaf tussen my bene.

    “In hemelsnaam, Albert! Moenie so lawaai nie!” Op die stoeptrap lê ’n waterplassie waar die geut lek. Ek hou die geut dop. Onder sy ronde maag kruip ’n waterdruppel uit. Hy word ronder en vetter. Skielik maak hy ’n punt, los en val dat hy so spat. Nog een. Ek wag. Die druppel bewe en ek spring. Te stadig – die druppel breek op my kop en dis heerlik.

    “Kom jy of kom jy nie?”

    Voor die huis staan ’n sipresboom wat soos ’n naald lyk. Op sy punt sit ’n laksman met sy manelpak aan. Hy wieg heen en weer, maar dit pla hom nie.

    “Albert!”

    My pa kies die grondpad rivier toe. Hy ry stadig asof hy dit geniet om die kar sulke diep spore in die nat pad te laat trap.

    Ek kyk agtertoe en dis mooi om die merke so te sien lê.

    “Sit stil.”

    Daar is nie gras op die veld nie. Die ysterklippe blink, die miershope lyk soos natgereënde langwolskape. Baie valkies sit op die telegraafdrade en slaap. Wanneer die motor naby hulle is, val hulle skielik agteroor en vlieg laag oor die grond weg.

    My pa ry so stadig dat ek die pale maklik kan tel. Maar by honderd en twaalf swenk die pale onverwags regs, weg die veld in.

    Ons is naby die rivier.

    Rivierwilgers en riete, wildeals. My pa kyk stip voor hom, want die brug is smal. Ek kyk gespanne waar hy kyk, want die brug het nie relings nie. Die kar se skaduwee loop voor hom uit. Toe sien ek die duif reg voor die motor in die son – skaars vyftien tree van ons af.

    “Briek, Pa!”

    “Bly stil.”

    “Pa sal hom doodry!”

    “Wil jy hê jou pa moet die motor omsmyt en ons laat verongeluk?”

    Die kar het reeds oor die duif geloop. Miskien het my pa tog effens gerem, want ek het nie geval toe ek uitspring nie.

    Ek swaai om en val met my knie op die brug se betonblad. Die duif sit vyf tree van my af en hy is heel. Hy druk sy snawel op ’n nat kol in die sement. Ek kom nader, hy roer nie. Dit lyk nie of hy staan nie – hy lê half op sy voete en hy wieg op en af. Nog nader. Dit lyk of sy oë opgedroog het. Ek hurk voor hom. Sy snawel tik op die sement. Hy lyk vaak.

    Ek steek my hande uit – hy gee nie pad nie. Hy is blou en geruit. Ek kan nie sy bene sien nie, so naby is sy lyf aan die grond. Daar sit ’n wit kolletjie in die hoek van sy linkeroog.

    Dit lyk meteens of die wit kol te swaar vir sy kop is om te dra. Sy vere is deurmekaar.

    Ek hou my hande bak. Ek kan my hart hoor klop. Ek sien hy sal nie vlug nie. My hande bewe nie meer nie, maar my mond is droog. Ek vang hom en hy spartel nie.

    Die motor staan vyftig tree van die brug af. My pa het nie uitgeklim nie. Ek hardloop met die warm duif tussen my hande.

    “Jy kon jou nek gebreek het!”

    “Hy gaan dood van dors!”

    “Jy het ons byna verongeluk!”

    “Kan ons nie huis toe gaan nie, Pa?”

    “Los die ding – hy gaan net die kar bemors.”

    “Hy gaan dood van dors.”

    Sy is nie my ma nie, sê my kop vir die duif.

    “Dis sommer onsin.”

    Die duif is sagter as die lug.

    “Waar gaan jy vir die ding kos kry?”

    “Hy wil water hê, Pa.”

    Ek het nog nooit so iets vasgehou nie.

    “Dis ’n belaglike spul,” sê my ma.

    “Klim in.”

    Die duif gee ’n wit poeierigheid aan my hande en klere af. Dit voel glad en skoon.My pa ry ’n bietjie vinniger as tevore. Miskien druk ek die duif te hard vas, want my hande sweet. Ek weet nie hoe ek hom behoort vas te hou nie.

    “Jy moenie dink jy gaan toegelaat word om die duif in jou kamer te hou nie,” sê my ma.

    Daaraan het ek nog nie gedink nie.

    “Miskien kan ’n mens die draad van die ou hoenderhok agter die motorhuis regmaak,” sê my pa.

Boekbesonderhede

Leandie du Randt: "Soos ek ouer geword het, het ek geleer wie ek is en wat ek eintlik wil hê"

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinLeandie du Randt het onlangs met Celinda Groenewald gesels oor haar loopbaan, skoonheid en haar liefdeslewe.

Die aktrise en skrywer van Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy gesels oor die lewenslesse wat sy as tiener geleer het, veral wanneer dit kom by die liefde. Sy het het eie ervarings gebruik om ’n selfhelpboek vir tienermeisies te skryf, wat ook in Engels beskikbaar as Comfortable in Your Own Skin: A guide to loving yourself.

Du Randt vertel meer oor haar rol in die nuwe Afrikaanse rolprent, Mooirivier, en hoe sy van haar karakter, Janine, verskil:

In Mooirivier is Leandie se karakter, Janine, ’n hopelose romantikus.

Maar Leandie, wat onlangs aan die sanger Bouwer Bosch verloof geraak het, dink ’n bietjie meer nugter oor sake van die hart.

“Ek was op hoërskool baie soos Janine en baie verlief op die idee van die liefde en verlief wees.

“Daarom het ek baie vinnig verlief geraak, partykeer te vinnig. Maar soos ek ouer geword het, het ek geleer wie ek is en wat ek eintlik wil hê.

“Ek het besef daar is geen kortpad tot by die liefde as eindbestemming nie en dat ’n mens maar geduldig moet wag vir daardie regte, egte spesiale een.”

Boekbesonderhede